Home » Categories » Practical Gardening » Books

Katte



Katte


Deur Yolanda Wessels

Katte, ʼn handleiding vir verantwoordelike kateienaars in Suid-Afrika deur Yolanda Wessels is die eerste eenvoudige, praktiese en moderne A-Z van katte, geskryf in Afrikaans vir die Suid-Afrikaanse kateienaar. Dit verskaf antwoorde op alle moontlike vrae wat katliefhebbers op die hart mag hê en dek ’n wye spektrum kwessies wat dié troeteldiere se lewens raak.

Dié publikasie vul ’n behoefte in die Afrikaanse mark: Katte is ’n omvattende, toeganklike inligtingsbron vir troeteldiereienaars wat hul verantwoordelikheid teenoor huisdiere ernstig opneem. Vir baie jare moes katliefhebbers in Suid-Afrika vir lief neem met ingevoerde gidse oor die versorging van hul troeteldiere. Nou het ’n Suid-Afrikaner jare se deeglike navorsing vervat in ’n volledige, eg Suid-Afrikaanse gids.

In Deel 1 behandel die skrywer, Yolanda Wessels, o.m. dié karaktervolle troeteldier se oorsprong en makmaak, hulle anatomie, sintuie en kleurvolle pelse. Interessante vrae word beantwoord, soos: Waarom spin katte? Kan katte onthou? Waarom snater dié diere as hulle voëltjies sien? Het hulle regtig nege lewens? Waarom vind hulle kattekruid (catnip) so onweerstaanbaar?

Die tweede afdeling dek die voorbereiding vir en verwelkoming van ’n nuwe katjie in die huisgesin, wat die katjie sal benodig, asook die korrekte versorging. Alle aspekte van die kat se lewe kom onder loep – van die versorging van weeskatjies, higiëne met katte, die verskille tussen binne- en buitekatte, asook die ideale tuin vir ’n kat. Verder word onderwerpe soos kastrasie en sterilisasie, korrekte voeding, die versorging van senior katte, asook die afsterwe van dié geliefde kameraad, behandel.

Deel 3 is ʼn alfabetiese samevatting van die mees algemene kwale en siektes wat voorkom by katte in Suid-Afrika. ʼn Eenvoudige uiteensetting word gegee van siektes, diagnose, behandeling, nasorg en die voorkoming daarvan.

Die handleiding word aangevul met treffende aanhalings deur bekende katliefhebbers en bevat pragtige foto’s.

Katte, ʼn handleiding vir verantwoordelike kateienaars in Suid-Afrika is ’n onontbeerlike item op die rak van elke Suid-Afrikaner wat ernstig is oor die mens se opdrag om na diere om te sien.

Yolanda Wessels, gebore in die Kaap en getoë in die Overberg, is haar lewe lank ’n natuur- en diereliefhebber. Sy het ’n kursus in joernalistiek voltooi en skryf gereeld vryskutartikels vir verskillende publikasies. Na die dood van Oscar, haar klein katjie met die groot naam, begin sy fokus op dié avontuurlustige, akrobatiese spesie. Haar eerste artikel, "Why cats are good for your health”, is in die kattydskrif Catslife gepubliseer. ’n Dekade later lewer sy steeds bydraes in byna elke uitgawe van dié tydskrif.

Katte, ʼn handleiding vir verantwoordelike kateienaars in Suid-Afrika is die ideale Kersgeskenk vir die hele gesin. Dit is beskikbaar by alle goeie boekhandelaars en by www.kalahari.com.
Attachments Attachments
There are no attachments for this article.
Comments Comments
There are no comments for this article. Be the first to post a comment.
Related Articles RSS Feed
Guide to plant families of southern Africa
Viewed 602 times since Thu, May 22, 2014
Jane’s Delicious Herbs
Viewed 3260 times since Tue, May 27, 2014
Wasps and bees in southern Africa
Viewed 1172 times since Fri, May 9, 2014
Flower
Viewed 319 times since Tue, May 27, 2014
The Johannesburg Garden Club Monthly Notes for Highveld Gardens
Viewed 191 times since Tue, May 27, 2014
Taken Captive by Birds
Viewed 216 times since Tue, May 27, 2014
KwaZulu-Natal is My Garden
Viewed 256 times since Thu, May 22, 2014
Woodworking for everyone
Viewed 429 times since Thu, May 22, 2014
Grow Proteas
Viewed 280 times since Thu, May 22, 2014
Coastal Gardening in South Africa
Viewed 2794 times since Thu, May 22, 2014