Die Wonder van Wurmkompos

Read in English

Wat is wurmkompos?

Ons weet almal dit is goed om erdwurms in ons grond te hê wat dreinering en grondstruktuur verbeter, maar die grootste voordeel is moontlik dat hulle die grond ryker agterlaat as wat dit tevore was. Wurms voed op plantafval (dooie wortels, blare, grasse, mis en grond) en hul spysverteringstelsels konsentreer die organiese en mineraalinhoud van die kos wat hulle vreet. Dit wat hulle uitskei, met ander woorde die wurmhopies of ‑kompos, is ʼn ryk “kompos” wat geredelik vir plante beskikbaar is om op te gedy.
Wurmkompos teenoor kompos
Die kompostering van plantmateriaal en kombuisafval is afhanklik van ʼn aërobiese proses wat die materiaal by ʼn hoë temperatuur afbreek. Daarteenoor is wurmkompostering ʼn laetemperatuurproses waar die wurms die werk doen en wat ook die bykomende voordeel het van “wurmtee” wat tydens die dreineringsproses gemaak en ook baie voordelig vir die tuin gebruik kan word.
Die voordele van wurmkompos

  • Wurmkompos bevat vyf keer meer stikstof as die meeste soorte kompos en verskaf energie aan plante om te groei en vrugte of blomme te maak. Stikstof word as die belangrikste komponent vir plantgroei beskou.
  • Dit is ʼn stadig vrystellende misstof wat nie jou plante sal brand nie.
  • Dit bevat sewe keer meer fosfor wat help vir sterk wortelgroei. Sterk wortels is die plant se lewenslyn wat lug, water en voedingstowwe uit die grond opneem.
  • Dit bevat 11 keer meer kalium wat ensieme aktiveer en die groei en gesondheid van blomme en vrugte verseker.
  • Die gebruik van wurmkompos verbeter ook algehele grondgesondheid, wat skoner grond tot gevolg het.
  • Wurmkompos is skoon en reukloos, en kan binnens‑ en buitenshuis gebruik word om jou plante ʼn hupstoot te gee.
  • Wurmhopies verskaf ook magnesium, fosfaat, kalsium en potas saam met ʼn verskeidenheid mikrovoedingstowwe en spoorelemente.

Die gebruik van wurmkompos

Vir wurmkompos moet ʼn mens gewoonlik ʼn wurmplaas hê, die proses met spesiale wurms begin en die tyd hê om seker te maak die wurms kry kos en water. Om dinge makliker te maak het Wonder al die werk vir jou gedoen en jy kan nou Wonder Organic Vermicompost in sakke koop. Voeg vir binnenshuise gebruik wurmkompos by potgrond by voor plant, of meng dit by die grond van gevestigde huisplante in. Meng dit in die tuin by die oppervlakgrond rondom plante in en voeg dit by plantgate as oorgeplant of nuwe plante ingesit word.
Saad wat in saailingmengsels of in voorbereide beddings gesaai word, sal groot voordeel trek uit die byvoeging van wurmkompos by die mengsel wat saailinggroei sal verbeter.
Nog ʼn voordeel van wurmkompos is dat dit gebruik kan word om wurmtee te maak deur ʼn paar eetlepels oornag in water te week. Giet deur en verdun vir gebruik as algemene vloeibare misstof vir plante.
Besoek www.wonder.co.za vir meer hieroor en oor ander Wonder-produkte.