fbpx

Geskenke vir jou Valentyn

Oulike geskenke vir die liefde van jou lewe.

Kweek warmte

Laat brand jou Valentynshart deur hierdie Valentynsdag jou eie plante van MayFord-brandrissiesaad te kweek. MayFord se ‘Long Slim Cayenne’-brandrissies sal binne 75 dae oesgereed wees, net betyds vir die winter as ʼn warm en pikante byvoeging by warm geregte en souse. Geniet ʼn ekstra warm Valentynsdag!

www.mayford.co.za

Gee ʼn iets met waarde

Die vernuftige STIHL GTA 26 koordlose kettingsaag is veelsydig, kompak en uiters beweeglik. Dis perfek vir take soos die snoei en opsny van klein takkies in die tuin, en ideaal vir selfdoenprojekte met hout en huisverbeterings. Dis so stil dat geen gehoorbeskerming nodig is nie: uitstekend met bure naby! Wie wil dan dié Valentynsdag sjokolade of sjampanje hê? Gee liewer ʼn blywende geskenk om die hart van enige tuinier of selfdoenentoesias bly te maak.

Besoek www.stihl.co.za.

ʼn Mooi tuingeskenk

Maak jou tuin mooi vir jou geliefdes met die reeks Starke Ayres-produkte.

www.starkeayres.com

ʼn Geskenksak

Kry hierdie Valentynsdag vir jou geliefde ʼn ikoniese MeLikeorganiseerdersak – die perfekte geskenk vir diegene wat van georganiseerd wees en styl hou.

Besoek die Facebook-blad (MeLike-Designer-Products) om al die wonderlike ontwerpe te sien en die naaste winkel aan jou te vind.

Elegansie binnenshuis

Die Biggie Best-handelsmerk word nou vertoon by alle Volpeswinkels landswyd, wat sy verskeidenheid meer toeganklik maak vir dekorentoesiaste. Biggie Best se nuutste versameling kunsplante sal ʼn tikkie natuurlikheid verleen wat perfek is vir diegene sonder ʼn groen hand.

www.volpes.co.za/biggiebest

WEN: Om in aanmerking te kom om ʼn aanlyngeskenkbewys van R750 te wen, besoek ons Facebook-blad.

Vier met Grace du Roi

Grace Wines het ʼn reeks premiumvonkelwyne waarvan die geur hoofsaaklik van die cuvée (die eerste pars) van die druiwe afkomstig is, wat tot ʼn skoon, delikate wyn met ʼn sagte vrugtigheid lei. Die druiwe word snags geoes wanneer dit koeler is om die varsheid te behou.

Dit word 21 dae koud gegis om seker te maak niks van die vrugtige geur van die druiwe gaan verlore nie.

www.trumanandorange.com/grace/

WEN: Om in aanmerking te kom om een van twee geskenkpakke (drie bottels elk) te wen, besoek ons Facebook- en Instagram-blaaie

Mr P-wenners

Mr Price Home het nou ʼn reeks binnenshuise plante wat die perfekte langblywende geskenk uitmaak. Gryp een van hierdie dekpotte vir jou uitgesoekte plant.

www.mrphome.com