Verdeel Jou Guzmanias

Read in English

Guzmanias is bromelias wat helder stervormige blomme in ʼn groot verskeidenheid kleure dra. Hulle is gewilde huisplante om in helder natuurlike lig te vertoon. Daar is twee kante aan die kweek van hierdie epifiete – die moederplant gaan dood na blom, en maak gelyktydig ʼn hele klompie nuwe klein plantjies wat verwyder en verdeel kan word om meer plante te maak.

Sny die ou blomstingel af, haal die plant uit sy houer en sny versigtig die kleintjies van mekaar los met ʼn skerp skêr. Plant hulle dan oor in aparte potjies vol kommersiële orgideemengsel.

Nasorg

  • Maak die binnekruik waaruit die nuwe blomstingel sal verskyn sowat ʼn kwart tot halfvol water, en spoel dit gereeld uit en vervang met vars water om te keer dat bakterieë vermeerder.
  • Misbesproei gereeld die plante in warm weer vir ekstra vogtigheid en maak ook af en toe die grond in die potte klam.
  • Bemes baie liggies deur dit een of twee maal per jaar op die blare te sproei. Omdat guzmanias epifiete is, neem hulle hul voedsel deur hul blare op.