Mexikaanse bak

Read in English

Al die geure van Mexiko in een bak wat so mooi lyk ons kon nie wag om te begin eet nie. Dit maak gebruik van etlike van die wonderlike bestanddele wat gewoonlik in ʼn taco gesit, maar net anders opgedien word en heerlik smaaklik is.

  • Hoenderborsies (4 vir 4 mense)
  • Voupakkies (wraps) in driehoeke gesny en in ʼn bietjie olie tot bros gebraai
  • Avokado, in blokkies gesny
  • Geroosterde mielie, van die kop afgesny
  • Tamaties, gekap
  • Vinkel, gesny, of blaarslaai, gesnipper
  • Koljander
  • Bedien met salsa, suurroom of warm sous

Gareth se hoendermarinade

  • 1 teelepel gerasperde vars gemmer
  • 2 knoffelhuisies, fyngemaak
  • 1 teelepel paprika
  • Sap van 1 suurlemoen

Meng die bestanddele vir die marinade saam en bedek die hoender goed. Marineer minstens ʼn uur voor gaarmaak. Maak ʼn matige warm vuur en maak die borsies gaar tot deurgaar, sny in skywe en sit in die bak. Stel die bak saam en bedien met suurroom en/of warm salsa of warm sous.