fbpx

Braai Om Saam Te Neem Op Elke Avontuur

Of jy nou op ʼn naweekuitstappie na die berge of ʼn week na die strand toe gaan, kan jy alles wat jy ooit nodig sal kry om kampeer perfek te maak by Camp Master kry.

Deluxe-gas-stoof

Hierdie stoof heg vas aan ʼn 9 kg-gassilinder en spog met 2 branders en ʼn windskerm. Dit het uiters nuttige afhaalbare pote vir maklik pak en bêre  (78 x 40 x 73 cm).

 

Hier is enkele van die kookgereedskap wat jy sal nodig hê om fynproewerskampeerbraaivleis te maak.

4 kg Briquettes

Hierdie langhoudende brikette, ʼn plaaslik gemaakte produk, is van 100% hernubare hulpbronne gemaak.

 

Potjies

Niks is lekkerder as om in ʼn vooraf behandelde (roeswerend voor gebruik) potjie te kook nie. Hulle versprei hitte en het ʼn koepeldeksel vir interne hittesirkulasie. Hulle is in verskillende groottes verkrygbaar met die gewilde No. 3 Potjie met ʼn 7,8 L-inhoudsmaat wat geskik is vir die meeste potmaaltye en die ¼ Potjie (0,56 liter-inhoudsmaat) weer perfek vir ʼn kamperende paartjie.

Ronde Gietysterpan

Ontbyt is nie ontbyt sonder ʼn gietysterpan vir hoë en egalige hittebehoud nie. Dit kan op enige hittebron gebruik word, selfs direk op die kole. Hierdie 30 cm-pan weeg 3,45 kg (450 x 320 x 60 mm).

Opvoukampeerbraaier / Opvou- kampeer- braaier

Die opvoubare vlekvrystaalbraaier met twee kanttafels is ideaal vir kampeer, word in ʼn drasak weggepak en is die beste bykomstigheid by enige maal. Dit het ʼn chroomgeplateerde kookrooster met stelbare hoogtes. 

Eko- vuuraanstekers

8-pak en 24-pak. Aanstekerballe is reukloos en het ʼn brandtyd van 17 minute wat vuuraansteek maklik maak. Die aanstekerballe is niegiftig en bioafbreekbaar.

Besoek www.campmaster.co.za vir nog opwindende produkte

Advertisements
-->
The Gardener