Braaigoed – Buitelewe
Check out our list of new and trendy braai products to make your braaiing extra easy in the upcoming summer season.
Handskoene
Camp Master BBQ Gloves is van leer gemaak en besonder duursaam, steekbestand en volledig gevoer. Minder as R150.
Tafelbraaier
Firefox se Table Braai is ontwerp om in ʼn bestaande baksteenskoorsteen of op ʼn oppervlak buite aangebring te word om ʼn stylvolle en veelsydige braaikeuse te bied. Dis verkrygbaar in ʼn keuse van sagte staal of verskeie grade van vlekvrystaal om by die gebied te pas. Die rak van die eenheid vou oor die braaier om dit waterdig te hou as dit nie gebruik word nie.
Broodpot
Hierdie behandelde broodpot van Camp Master is perfek vir ʼn braaibrood omdat dit hitte egalig versprei en ʼn koepelvormige deksel het sodat die lug in die pot kan sirkuleer vir ʼn goed geronde brood. Minder as R380.
ʼn Cool Cat vir Koeldranke
Die ADDIS Cool Cat het ʼn geïsoleerde binnekant wat van koelhouertegnologie gebruik maak om die inhoud koel te hou. In die deksel het dit plek waar jy ysblokkies kan bêre om dit koeler te hou. Dis duursaam en tog lig en gemaklik om te dra, is in verskillende kleure te kry en het ʼn inhoudsmaat van 26 L. Minder as R200.
ʼn Smaragtamatie vir die somer
ʼn Vars tamatie-enbasiliekruidslaai is ʼn smaaklike bygereg by enige braai, hoewel dit selfs beter is as jy self die saad saai en dit kweek.
Die nuwe Tomato ‘Emerald’, ʼn F1-baster, is pas deur MayFord Seeds vrygestel om dié lente te saai vir ʼn someroes. Hierdie tamatie aan ʼn plant wat uitstekend dra, het eenvormige vrugte van ʼn goeie gehalte wat vroeg bekwaam raak (60 tot 65 dae na uitplant) en ook perfek vir souse en salsa is. ‘Emerald’ het blokvormige vrugte aan plante met goeie blaarbedekking wat die sonblootgestelde vrugte beskerm en het intermediêre weerstand teen bakteriese verwelksiekte.
Camp Master Round Skillet
Wees in die Camp Master-reeks op die uitkyk na hierdie ronde 30 cm-gietysterbraaipannetjie vir ʼn menigte gebruike op ʼn braaier. Dit behou sy hitte goed wat ook egalig versprei word en kan op enige hittebron – direk of indirek – gebruik word. Minder as R360.
Groot Tang
Die Camp Master Aluminium Tongs is 600 mm lank met ʼn verlengde handvatsel om teen hitte te beskerm. Minder as R150.
Firefox Braais
Firefox-braaiers word in ʼn verskeidenheid staalsoorte verskaf sodat die braaier by die omgewing pas waar dit aangebring gaan word. In die Hoëveld (waar die klimaat droër is) is sagte staal ʼn goeie keuse vir ʼn braaier wat op ʼn bedekte patio geplaas is. By die kus of waar die braaier in die reën staan, is roesbestande staal soos 3Cr12 en vlekvrystaal ʼn beter keuse.
Potjiedekselligter
Dis doodeenvoudig om ʼn koste-effektiewe gereedskapstuk te kry om die deksel te lig sonder dat die warm metaal jou brand. Dié Camp Masterweergawe is 280 mm x 62 mm x 32 mm. Minder as R20.
White Maize ‘Nevada’
Gebraaide mielies is een van die lekkerste groente wat jy kan geniet. Die geskroeide pitte verleen ekstra geur daaraan wat heerlik is. Dis nog beter as jy die mielies self kweek.
Die nuwe ‘Nevada’-witmielie, ʼn uitstekende saadvariëteit, is net betyds vir die somer. Dis besonder siektebestand met goeie graangehalte en is selfs reg vir kleinskaalse boerdery. Ook is dit perfek geskik vir organiese boerdery, en in antwoord op ʼn dikwels gestelde vraag veral met betrekking tot mielies is ‘Nevada’, net soos die geval met alle MayFord-produkte is, heeltemal nie-GMO.
Kies Draagbaar
Firefox se draagbare Spit Griller is ʼn moet vir buite-entoesiaste. Dit is te kry in ʼn aktetasgrootte pak wat 545 mm x 350 mm x 85 mm groot is en maak oop as houtskoolbraaier met ʼn gemotoriseerde draaispitmandjie vir maklike kook tydens visvang, ʼn piekniek of ʼn naweek weg. Die byvoeging van ʼn houtskoolaansteker maak die aansteek van jou braaier kinderspeletjies..
Camp Master Dutch Oven
Jy sal vind dat ʼn potoond dikwels vir verskeie take gebruik kan word soos vir die maak van ʼn stowegereg/potjie of die bak van ʼn brood. Dit maak daarvan ʼn uiters nuttige stuk kookgerei om te hê vir die oond sowel as buite op die braaier. Dié potoond is van gietyster sodat dit ʼn leeftyd sal hou. Minder as R500.