fbpx

Waterslim Kruie Vir Jou Braaiery

Read in English

Water is ʼn skaars kommoditeit en moet die doeltreffendste gebruik word om die meeste uit elke druppel te put. Een van die maklikste maniere om water te bespaar, is om plante reg langs jou braaier te kweek wat jy vars kan pluk om geur aan maaltye te verleen, en deur hulle in houers te hê, spaar jy baie.

Pitbenatting

Daar is tans houers verkrygbaar wat ʼn uiters doeltreffende natmaakstelsel het wat gebruik maak van ʼn pit – gewoonlik tou of materiaal – om water van ʼn reservoir na die plantwortels te vervoer waar dit nodig is. Dit gebeur deur kapillêre werking wat water stadig van die waterbron boontoe beweeg. Hierdie soorte pitwaterstelsels lei daartoe dat plante dikwels weke op ʼn keer sonder natmaak sal uithou.

Houerkweek

Houers is ʼn nuttige manier om kruie, groente en vrugte te kweek en die grondmedium te manipuleer om so min water moontlik te gebruik. Deur goeie gehaltepotgrond te gebruik waarby waterabsorberende kristalle, vermikuliet en goeie kompos gevoeg is, verseker jy dat natmaaktye verminder word, hoewel die plante steeds gelukkig is. Ook sal die groepering van plante met soortgelyke waterbehoeftes baie help om waterverbruik te verminder.

Geharde Kruie Gebruik Minder Water

Deur die regte kruiekeuse te maak, is nog ʼn manier om water te bespaar. Hierdie is net ʼn paar smaaklike kruie wat min water nodig het.

Roosmarynnaaldagtige blare is ʼn teken dat ʼn plant droogtebestand is. Roosmaryn is een van daardie plante wat baie min water nodig het as dit eers gevestig is. In ʼn houer het dit water nodig as die grond bo-op net droog is.

Tiemiehierdie kruid gedy op verwaarlosing wat die minimum water insluit. Ook, hoe meer jy dit sny, hoe meer groei dit.

Origanumis nog ʼn taai kruid wat goed saam met roosmaryn en tiemie groei vir ʼn gemengde houer. Dit sal oor die kante van die pot rank vir ʼn mooi effek.

Wenk:

Roosmarynstingels maak die beste steekpenne vir vleis, vis of groente wat ʼn subtiele kruiesmaak aan die bestanddele gee terwyl hulle kook. Wees op die uitkyk na die Rosemary Barbeque-variëteit met reguit stingels wat perfek vir gebruik as stokkies is.

-->
The Gardener