LB2018pg40-1ed.jpg

Asiaties geïnspireer

Voeg al die bestanddele bymekaar en laat dit ʼn uur deurtrek. Bedien deur die slaai en dan die varkvleis, op die gaar pannekoek te stapel. Strooi dan ʼn bietjie sesamsaad bo-oor

Vir die pannekoeke het ons ʼn eenvoudige deeg gebruik wat ook vir geregte soos kluitjies gebruik kan word. Dit is ʼn bietjie tydrowend maar die geur maak dit die moeite werd, en dit kan vooraf gemaak word. Bo-op kom braaisousgegeurde varkfilet wat vinnig op ʼn warm braaier gebraai word om daardie lekker stukkies op die rande te kry en ʼn verfrissende piekelslaai. Dit sal stellig ʼn groot gunsteling in jou huis raak.

Chinese gebraaide varkvleis

500g varkfilet, in lang skywe gesny

Chinese braaisous (Maak jou eie of gebruik ʼn vooraf vervaardigde een soos ons gemaak het – Woolworths hou ʼn goeie sous aan.)

Marineer die varkvleis minstens ʼn uur of verkieslik oornag in die sous. Braai op ʼn warm rooster. Dit is sommer gou gaar, draai dus na ʼn paar minute om en braai aan die ander kant.

Piekelwortel-en-koolslaai

Dit is ‘n eenvoudige gereg wat die rykheid van die pannekoek en varkvleis neutraliseer.

6 middelslag wortels, geskil en gerasper

½ klein kooltjie, dun gesny

4 eetlepels mirin (ʼn Japanse ryswyn) of droë sjerrie

2 eetlepels appelasyn

Voeg al die bestanddele bymekaar en laat dit ʼn uur deurtrek. Bedien deur die slaai en dan die varkvleis, op die gaar pannekoek te stapel. Strooi dan ‘n bietjie sesamsaad bo-oor.

Pannekoeke

150g meel

250 ml kookwater

ʼn Knippie sout

4 sprietuie, gekap

50 g varkvet of botter

100 g ekstra vet of botter

Maak eerste die deeg vir die pannekoeke. Sit die meel in ʼn bak en gooi die kookwater by. Die mate is slegs ʼn aanduiding omdat verskillende soorte meel vog verskillend opneem na gelang van hoeveel vog in die meel is. Die meel moet die water opneem, maar nie te droog of te nat wees nie. Dit moet bymekaarkom en redelik sag wees. Bring die deeg bymekaar sodra jy daaraan kan vat en knie tot glad. Voeg meer meel of water by as dit nodig is. Bedek die deeg en laat dit 30 minute rus.

Rol dit op ʼn meelbestrooide oppervlak uit in ʼn groot reghoek wat ongeveer 3 mm dik is. Bedek die deeg met die vet en sprinkel die sprietuie oor. Rol die deeg styf op in ʼn lang wors en sny in skywe van ongeveer 10 mm dik. Rol elke skyf nou weer plat en 3 mm dik uit. Verhit ʼn plat pan op die rooster en smelt van die ekstra vet daarin om die bodem te bedek. Sit die pannekoeke in die pan en bak tot bruin en bros aan albei kante.