Koel Blou Blomme – Die Beste Keuses vir Warm Somertuine
Ons gunstelinge vir die warm somermaande van Januarie en Februarie is ‘Twist Again’ en ‘Blue My Mind’. Ons het baie goeie redes om hulle te kies!



Agapanthus ‘Twist Again’
Andy de Wet Plant Breeders, die kwekers van legendariese agapanthus-variëteite wat wêreldwyd gekoester word, het op ‘n YouTube-video opgemerk dat selfs ‘n jong Agapanthus ‘Twist Again’ wat in ’n kwekery gekweek word, sal kan dans met die blomme wat dit herhalend produseer. In ‘n drie maande blomtydperk van laat lente tot vroegherfs, sal hierdie plant blomstele dra wat klaar geblom het, ander wat amper klaar is, en nog wat moet blom. Behalwe dat dit so lank blom, is die skerms van buisvormige blommetjies se toe knoppies romerig, en verkleur na wit wanneer hulle volledig oop is, elk met ‘n baie donkerblou basis en kort steel. Dit maak hulle asemrowend as tuin-en snyblomme!
Versorgingswenke
- Plant in volson tot ligte skaduwee – moenie ons trotse Suid-Afrikaanse agapanthus in baie diep skaduwee wegsteek nie, want hulle sal nie blom soos hulle kan nie!
- Verryk die grond met voldoende kompos en bemes deur die somer met ‘n stadig vrystellende misstof om blomproduksie te stimuleer.
- Gee gereeld water – alhoewel droogtebestand, sal hulle veel beter presteer met genoeg water.



Verbluffende blou
‘n Hoog aangeprysde grondbedekker wat selde nie blom nie, is Evolvulus ‘Blue My Mind’ met helderblou blomme en donsige, silweragtige groen blare. Hierdie plant is uiters hittebestand, dooie blomme hoef nie uitgeknip te word nie en hulle vereis geen ander onderhoud nie.Dit presteer die beste in volson. ‘Blue My Mind’ is ongelukkig baie vatbaar vir ryp, maar redelik droogtebestand wanneer gevestig, alhoewel die plant weliger sal wees indien dit gereeld natgemaak word wanneer die grond droog voel.
Plantwenk
Plante is beskikbaar by Malanseuns en Plantland Tuinsentrums, www.plantland.co.za ‘Blue My Mind kan in hangmandjies, gemengde houers, en as ‘n spreidende grondbedekker in sonnige geplant word. Grootte is ongeveer 20cm x 40cm.











