fbpx

DDS Mosstokke

Read in English

Rankende huisplante soos filodendrons, goue-ceylonranker (Epipremnum aureum) en geraamteplante moet, soos enige ander ranker, ʼn steunstruktuur hê om hulle boontoe te lei. ʼn Mosstok is ʼn uitstekende keuse vir hierdie huisplante.

Mosstokke maak dit maklik vir dié soort plante om hul wortels vas te heg omdat dit ʼn oppervlak verskaf wat hul natuurlike habitat in die tropiese woude naboots. Dit bied ook ʼn medium met ekstra mikrovoedingstowwe waarby die plante baat sal vind.

Dis maklik om die mos klam te hou as benatting vir die lugwortels waarmee die plante klim. ʼn Mens kan ʼn mosstok ook beskou as nog ʼn bron van vogtigheid vir plante wat baie daarvan nodig het.

Hoe om die stok te gebruik

Week die mosstok vir gebruik eers in water tot dit deurnat is en sit dit dan in die middel van die pot. Gooi grond in om die stok op sy plek te hou en plant die plant om die stok. Draai die ranker om die stok en maak dit liggies vas met kleefband wat vir enting gebruik word, Velcro of dun tou. Wees versigtig wanneer jy dit doen – sommige plante het sterk stingels terwyl ander s’n baie swak is. Probeer elke stingelknoop naby die stok vasmaak: Die wortels sal daar vorm.

Keuse 1: Mospaal

Vir hierdie keuse is ʼn bietjie meer tyd nodig as vir keuse 2, maar dit sal ʼn lang tyd saam met jou plant wees daarom is dit die moeite werd.

Jy het nodig:

  • ʼn Stuk plastiekbedekte maasdraad van 60 cm x 20 cm (vir 1 mospaal)
  • Daar is verskillende soorte maasdraad op die mark en dis gewoonlik per meter verkrygbaar by jou plaaslike hardewarewinkel. Kry een met maasvierkante van ongeveer 1 cm. Die plastiekbedekte maas behou sy vorm en roes nie. (Jy kan ook hoenderdraad gebruik, hoewel dit uiteindelik sal roes.) Pas die afmetings van die maas aan by wat jy kan koop en hoeveel mosstokke jy wil maak.
  • Tuinboukundige kleefband of tuintou
  • Veenmos

Stappe:

  • Week eers die mos ʼn paar minute in ʼn emmer water.
  • Sny die maas die regte grootte vir een mosstok (60 cm lank by 20 cm wyd) en vou dit in ʼn silinder.
  • Druk al die water uit die mos uit, maak die silinder vol mos en maak seker jy stop dit dig in.
  • Maak die een punt vas deur dit met tuintou vas te bind, werk dan die kante toe, en eindig dit af deur die tou aan die ander punt vas te bind.
  • Gebruik jou mosstok deur dit onderin die houer te sit. Gooi grond in en druk dit stewig vas en plant jou plant langsaan. Vul die houer op tot bo. Maak die klimmende rankplant lossies met tuintou of kleefband aan die maas vas.

Keuse 2: Klapperhaarpaal

As jy min tyd het, is dié een ʼn vinnige en maklike weergawe vir jou.

What you need:

  • ʼn Tappen met ʼn deursnee van 19 cm – 25 mm
  • Tuinboukundige kleefband of tuintou
  • Klapperhaar

Steps:

  • Sny die tappen so lank as wat jy die mosstok wil hê.
  • Begin by die een punt en bepak die stok met klapperhaar. Bind dit met tou aan die stok vas en hou aan totdat die klapperhaar stewig aan die stok vas is. Maak seker jy bedek dit goed. Laat genoeg plek op die punt van die stok sodat dit in die pot gesteek kan word. Bind die rankers soos gewoonlik vas.

Versorging van die mosstok en plant

  • Gooi dikwels water teen die mosstok af om dit gehidrateer te hou, of gebruik ʼn spuitbottel met water om dit nat te spuit. Die meeste rankers wat jy so behandel, sal van die ekstra vogtigheid hou.
  • Verwyder die tou of kleefband wat die plant aan die stok vashou sodra die wortels hulle vasgeheg het. Verleng die groei deur die plant hoër teen die stok op vas te maak namate dit groei.
  • As die plant bo kom en jy wil hê dit moet verder groei, maak ʼn nuwe stok aan die bestaande stok vas en hou aan om die plant na bo op te lei.
  • Wanneer jy die plant moet oorpot, maak seker jy verskuif die plant sowel as sy mosstok na die nuwe houer.

Kyk na die video op YouTube

-->
The Gardener