’n Kleurefees Met Karlienblomme
Die belangrikste huisplant tydens die feestyd moet karlienblomme in potte wees.
Euphorbia pulcherrima, wat ook as die poinsettia en in die Noordelike Halfrond as Christmas star flower bekend staan, spog met helderrooi skutblare in die winter, die rede waarom dit in koel temperature in kweekhuise in Suid-Afrika gekweek word tot dit vir die winkels gereed is. Rooi is die gewildste kleur vir die feesgety, maar daar is ook ander kleure, waaronder room, geel, pienk en oranje, om voor op die uitkyk te wees.
4 Gulde Reëls
Hou gepotte karlienblomme in volle blom met hierdie paar gulde reëls:
1. Wanneer ʼn karlienblom gekoop word, soek na ʼn plant met klein geel knoppies tussen die helder skutblare blare (dis die eintlike blomme) en loof wat vars lyk.
2. Kry ʼn plek wat goed uit direkte sonlig is maar met genoeg helder lig vir die plant om gelukkig te wees. As die plek te veel trekke het, kan die plant van sy blare begin verloor.
3. Die ideale temperatuur vir hierdie plante is tussen 15 °C en 22 °C.
4. Karlienblomme verkies water soos reënwater, of kraanwater wat ʼn dag gestaan het. Maak net nat as die grond droog voel en maak seker die water loop uit voor die drupbak teruggesit word. Blare wat begin geel word of afval, is waarskynlik ʼn teken dat dit oorbenat word. Die balans hier is fyn omdat hulle lief is vir vogtigheid, maar hou die grond eerder te droog as te nat.
Dis moontlik om jou karlienblomme weer te laat blom nadat die feestyd verby is, hoewel hulle die volgende jaar selde op hul beste is. Behandel hulle liewer soos langblywende snyblomme, vervang hulle jaarliks en maak kompos van hulle as hulle terugsterf.
Nasionale Poinsettiadag
Op 12 Desember word Nasionale Poinsettiadag wêreldwyd gevier. Die dag is vernoem na die VSA-diplomaat Joel Roberts Poinsett ter herdenking aan die plant uit Mexiko wat hy in 1828 in die VSA bekend gestel het.
Hierdie plante word deur LVG Plants gekweek en is by kleinhandelafsetpunte en kwekerye te kry.