fbpx

Strandatmosfeer

‘n Ligte, sonnige interieur met ‘n strandatmosfeer is een van die rustigste wat jy kan kry. 

Dit herinner aan vakansies met die sand, koel en uitnodigende blou kleure van die see en lug en die see se groen, gekombineer met sagte neutrale wit en beige tinte. Hierdie ontspanne en gerieflike ontwerpstyl is vol tekstuur en lig, en ons het ‘n paar pragtige huisplante om by te voeg om dit af te rond. 

Areca-bamboespalm

Hierdie tropiese palm (Dypsis lutescens) sal presies die regte soort strandatmosfeer verskaf wat hierdie styl nodig het. Afhangende van die potgrootte kan hulle tot 2 m hoog groei en bied daardie kenmerkende tropiese gevoel. Dit is die naasbeste as jy nie ‘n reusepalmboom binnenshuis kan bring nie.  

Nota: Helder, indirekte lig, gee water wanneer die grond tot 2 cm droog is, hoë humiditeit, voeding in die groeiseisoen. 

Kentia-palm

Van twee klein eilande aan die ooskus van Australië, Lord Howe-eiland en Norfolk-eiland, kom Howea forsteriana, die Kentia-palm. Sy vorm het dit een van die gewildste binnenshuise palms gemaak. Dit groei tot 12 m in die natuur, maar binnenshuis sal dit so hoog groei as wat die pot dit toelaat.

Nota: Helder, indirekte lig, goed dreinerende sandgrond, gereelde water, kunsmis in lente en somer.

WENK

Vertoon jou binnenshuise plante in mandjies van wilger of gras om kleur en tekstuur by die ontwerptema te voeg. 

Vredeslelie

Spathiphyllum ‘Sensation’ is ‘n pragtige, opvallende plant. Dit het treffende groot gerifde blare en ’n bonus van wit blomme die hele jaar deur. Dit sal 2 m hoog groei, so gee dit ruimte – dit is werklik die ster van die vertoning. 

Nota: Medium tot helder lig, water gee wanneer die grond tot 5 cm droog is, hoë humiditeit, voeding elke twee weke van lente tot herfs.

Treurvy

Ficus benjamina is ‘n nuttige binnenshuise plant. Dit is hoog genoeg om ‘n boomgevoel binnenshuis te gee, en is gehard en byna onvernietigbaar. Daar is bont kultivars wat ‘n ander kleurvariasie byvoeg, maar die gewone blink groen blare is perfek vir hierdie tropiese en immergroen boo

Nota: Helder indirekte lig, gereelde water en kunsmis in lente en somer, hoë humiditeit.

Al hierdie plante groei natuurlik in tropiese sones en hou van ‘n bietjie humiditeit. Om die humiditeit rondom die plante te verhoog, plaas die potte op skinkborde met klippies in water, gebruik ‘n missproeibottel om die blare gereeld te spuit, of belê in ‘n lugbevogtiger.

Hierdie plante is gekweek deur LVG Plants en is beskikbaar by jou plaaslike huisplanthandelaar.

-->
The Gardener