
Terug Skool Toe Met ’n Plant



As jy ʼn kind koshuis of universiteit toe stuur, hoekom nie ʼn potplant saamstuur om sy of haar omgewing ʼn bietjie kalmer en rustiger te maak nie?
Daar is egter ʼn paar voorstelle om seker te maak dat die plant in sy omgewing sal groei en gedy. Kies eerstens ʼn taai plant wat ʼn paar dae se verwaarlosing sal oorleef. Kyk ʼn bietjie na ons plantkeuse wat spesifiek hiervoor bedoel is.
Stuur hulle dan weg met sorginstruksies:
- Maak weekliks nat.
- Gee dit volop helder lig.
- Sit een maal per maand ‘n plantkosstokkie in die grond



Modieuse Bontheid
Peperomia prostrata
Hierdie peperomia wat ook as snoer seeskilpaaie bekend is, is ʼn pragtige klein rankertjie met lang stingels en die oulikste bont blaartjies – soos seeskilpadjies. Moenie dit oorbenat nie, soos die meeste peperomias, trouens, die een-maal-per-weekreël moet dalk verleng word na elke twee weke. Hulle hou van warmte en helder lig.
Peperomia argyreia
Jy kan sien waarom hierdie peperomia die waatlemoenpeperomia genoem word as gevolg van sy mooi bont blare wat in sonlig skitter. Dis ook ʼn tropiese plant wat van vogtigheid en helder lig hou, maar oppas om dit nie te oor- of onderbenat nie.
Haworthiopsis
Hierdie mooi, stekelrige vetplant, wat tevore Haworthia was, is nog ʼn geharde plant wat baie min sorg verlang. Soos alle vetplante is meer lig beter, kies dus die beste helder kol. Moenie dit oorbenat en moenie bekommerd wees as dit nie veel groei nie – hulle groei uiters stadig. Die blare het pragtige sebrastrepe.



Vir ‘n Tikkie Kleur
Anthurium
Die nuwe anthurium-hibriede (kantblaar) het uiters mooi gekleurde wasagtige blomskedes soos oranje en donkerpers tot amper swart. Hulle kom uit die trope en hou dus van gereelde missproei wat vir hulle meer vogtigheid gee.
Orgidee
ʼn Blommende orgidee is ʼn gunsteling vanweë sy langblywende blomme in ʼn menigte kleure. Hulle is ook maklik om te versorg en as hulle klaar geblom het (wat selfs ʼn hele kwartaal kan hou), het hulle steeds mooi, vlesige groen blare.
Spathiphyllum
Die vredeslelie is ʼn vergewensgesinde plant en sê selfs vir jou wanneer dit water nodig het deur sy blare te laat hang. Met genoeg helder lig sal dit wit blomskedes soos seile maak wat ʼn tikkie kleur aan die blinkgroen blare gee.



Immer Blaarryk En Groen
Monstera
Deesdae is dit een van die gunstelingplante en perfek vir ʼn tafel met ʼn bietjie meer plek. Dis ʼn blaarryke groen plant wat in amper enige omgewing uit direkte sonlig groei en is baie gesond as dit daagliks goed misbesproei word. Draai jou geraamteplant gereeld sodat dit eweredig groei.
Hoya carnosa
Hierdie regop ranker word aan ʼn mospaal vasgemaak en kan dus ook op ʼn hoë rak gebruik word om af te hang. Dis ook bekend as die wasplant as gevolg van sy wasagtige blare wat water opgaar. Hulle is ook maklik om te versorg en is ʼn goeie plant vir beginners. Na ʼn paar jaar kan jy selfs beloon word met ʼn paar treffende blomballe wat klein rooi kringetjies in die middel van die stervormige pienk fluwelige kroonblare het.
Ficus ‘Ginseng’
Vir ʼn besonder taai plant voldoen hierdie Ficus ‘Ginseng’ aan al die vereistes. Water word in die dik, bolvormige wortels opgegaar daarom is dit vanselfsprekend dat natmaak matig is. Dit hou egter van vogtigheid, hou dus ʼn newelspuit byderhand. Hierdie plant maak ʼn uitstekende beginnerplant vir bonsaientoesiaste uit.
Hierdie plante word deur LVG Plants gekweek en is by kleinhandelafsetpunte en kwekerye te kry.