fbpx

DDS Blomme Vir Altyd

Verleen ʼn uitbarsting van handwerkkleur aan jou tuin met hierdie prettige en gesinsvriendelike selfdoenprojek. Hierdie houtblomme is maklik om te maak, duursaam buite en voortdurend vrolik. Met die gebruik van basiese gereedskap en sterk kleure kan jy speelse tuinaksente skep wat deur al die seisoene fier staan, reën of sonskyn.  

Wat jy nodig het:

  • 1 dennerakplank 700 mm x 305 mm (22 mm dik) 
  • ʼn 1800 mm- en ʼn 1000 mm-tappen (12 mm dik) 
  • 80- en 150-grint-skuurpapier 
  • Figuursaag en boor met ʼn 12 mm- en 5 mm-houtboorpunt 
  • Potlood en maatband 
  • 3,6 mm x 150 mm deursigtige kabelbinders 
  • 5 verfkwaste van ʼn goeie kwaliteit en stokke of spane vir meng. 
  • 5 klein deursigtige houers 

Stappe

Stap 1: Trek af en sny uit. Trek met behulp van die verskafte sjabloon die blomme en blare op die denneplank af. Jy het drie blomme en ses blare nodig. Sny dit met die figuursaag uit. Meet en sny dan die tappenne 700 mm, 800 mm en 1000 mm lank.  

Stap 2: Boor die vier basisgate. Merk die middel by die basis van elke blom en boor daar ʼn 12 mm-gat 10 mm diep. Wenk: Merk met maskeerband 10 mm op jou boorpunt om te weet wanneer jy diep genoeg geboor het. 

Stap 3: Boor die blaargate. Sit die blaar neer en dan die tappen bo-op. Kantel die blaar effens sodat dit soos die struktuur van ʼn blaar en steel lyk. Merk die blaar alkante van die tappen en boor twee gate op die gemerkte plekke met die 5 mm-houtboorpunt. Herhaal dit vir al ses blare. 

Stap 4: Skuur glad af. Skuur al die stukke met die 80-grint-skuurpapier af en daarna met die 150-grint-skuurpapier vir ʼn gladde afwerking. Vee die stof met ʼn lap af.  

Stap 5: Meng jou kleure. Gooi ewe veel van die twee Clear Matt-verseëlaars in vier  deursigtige houers. Voeg Geel, Rooi en Groen elk in ʼn houer by wat een houer sonder kleur laat. Gooi eenderde geel in nog ʼn houer en voeg rooi spaarsamig by om oranje te maak.  

Stap 6: Verf die stukke. Wend die produk met ʼn kwas van goeie kwaliteit aan: Verf die drie tappenne met Clear Matt (ongetint); verf die ses blare met Groen; verf die blomme met Rooi, Geel en Oranje.  

Stap 7: Verseël met drie lae. Wend die eerste laag egalig aan tot die oppervlak na aanwending minstens 10 minute egalig blink. Laat die laag heeltemal droog word. Skuur liggies met 150-grint-skuurpapier en vee die stof af. Wend nog twee lae so aan. Moenie na die derde laag skuur nie. Wend altyd minstens drie lae aan. 

Stap 8: Sit inmekaar. Druk die tappenne in die 12 mm-gate in. Ryg die kabelbinders deur die blaargate en maak hulle in ʼn mooi verspringende patroon aan die tappenne vas. Knip die punte netjies af. 

Kitswenke vir ʼn netjiese afwerking  

  • Skuur die rande goed af. Growwe rande skyn deur gekleurde lae.
  • Roer die getinte verseëlaar goed sodat die kleur egalig bly. 
  • Wend dun, egalige lae in plaas van dikker lae aan. 
  • Hou by minstens drie lae vir die beste beskerming. 
-->
The Gardener