fbpx

DDS gereedskap organiseerder

Read in English

Hou jou koordlose gereedskap georganiseer en gelaai met dié praktiese selfdoen.

JY HET NODIG

  • 20mm-dennehout gesny volgens die volgende afmetings:
  • 1 x 490 mm x 320 mm (agterkant)
  • 2 x 490 mm x 235 mm (rakke)
  • 2 x 320 mm x 255 mm (sykante)
  • 4 x 235 mm x 75 mm (verdelers)
  • 4 x 235 mm x 55 mm (onderkante)
  • 2 x 235 mm x 20 mm (buitenste onderkante)
  • 4 mm x 30 mm-snyskroewe
  • Houtgom
  • Triton-sirkelsaag
  • Triton koordlose aandrywer
  • TorkCraft koordlose miniskuurder
  • Triton geratte eksentriekskuurder
  • potlood
  • klampe
  • maatband
  • skroefloodsboorpunt

MAAK SÓ

1 Sny al die stukke die regte grootte volgens die snylys.

2 Meet op die sykante 200 mm van die agterrand af op die borand en maak ʼn merk. Meet en maak ʼn merk 260 mm van onder af op die voorrand. Trek ʼn streep tussen dié twee merke en saag die driehoek af.

3 Skuur al die stukke af.

4 Gom en skroef die verdeleronderkante aan die verdelers vas nadat loodsgate met die skroefloods geboor is. Sentreer die onderkante op die verdelers.

5 Heg die verdelers met gom en skroewe aan ʼn rak vas, en maak weer loodsgate. Die verdelers moet 74 mm uitmekaar wees.

6 Gom en skroef die twee buitenste onderkante gelyk met die voorrand en onderkant van die sykante vas.

7 Skroef die sykante aan die eerste rak vas sodat die basis van die onderkante gelyk met die basis van die sykante en die voorrand van die rak gelyk met die voorrand van die sykante is.

8 Meet 10 cm van die eerste rak af boontoe en merk, gom en skroef dan die tweede rak aan die sykante vas gelyk met die voorrand van die sykante.

9 Gom en skroef die agterkant op sy plek vas.

10 Skuur die eenheid finaal af en verseël dit vir ʼn lang gebruiksduur.

11 Monteer die laaistasie teen ʼn garagemuur met nuttige kragtoevoer.

TorkCraft 12V Miniskuurder

Hierdie kompakte skuurder van TorkCraft is die ware jakob om op moeilik bereikbare plekke te skuur en in die hoekies in te kom. Dit het ʼn langlewelitiumioonbattery, ʼn snellaaier en verwyderbare stofvanger wat help om jou werkplek skoon te hou, terwyl die batterykragaanwyser seker maak jy hou dit gelaai vir wanneer jy dit nodig het. Dit is te kry met drie skuurkussings daarby en is klein genoeg om met een hand te werk.

Advertisements
The Gardener