fbpx

DDS Houten Blomtoring-Rankwerk

ʼn Vrystaande kaslatwerk is ideaal om rank- of klimplante in te plant vir ʼn skouspelagtige  vertoning. Dis ook nuttig vir groente soos komkommers, ertjies en rankbon. 

Wat jy nodig het:  

  • Woodoc 30 Exterior Polywax Sealer (Low Gloss, Clear)  
  • 10 x 1800 m-lengtes (21 x 44 mm) dennehoutklamplatte  
  • 7 x 32 mm-dennehoutdekstrook  
  • 20 x 140 mm-omranding met ʼn profiel 
  • Skroewe (4 x 35 mm en 4 x 16 mm)  
  • 180-grint skuurpapier  
  • Minerale terpentyn  
  • WeedGard  
  • Woodoc StaalWol 

Snylys 

Klamplatte:  

  • 3 x 450 mm  
  • 6 x 375 mm  
  • 8 x 180 mm  
  • 6 x 495 mm  
  • (4 x 1800 mm net so) 

Dekstrook:  

  • 2 x 1800 mm  
  • 6 x 395 mm 

Omranding:  

  • 6 x 535 mm teen  
  • 45 grade en 6 x 435 mm teen  
  • 45 grade gesny 

Gereedskap 

Verfkwas, plat spaan vir roer, potlood, maatband, liniaal, boor met Philips-boorpunt, sirkelsaag, kramskieter en kramme 

Stappe: 

1. Skuur die hout liggies en vee die stof en vuiligheid met minerale terpentyn af as voorbereiding vir die aanwending van die verseëlaar.  

2. Roer die Woodoc 30 goed voor en tydens aanwending. Moenie die produk skud of verdun nie. Wend die eerste laag aan tot die oppervlak minstens 10 minute na aanwending nog eweredig blink bly.  

3. Laat dit heeltemal droog word voor dit liggies met Woodoc StaalWol geskuur word. Verwyder die stof met ʼn skoon, droë lap en vee af met minerale terpentyn. Wend nog twee lae aan. Moenie skuur na die derde laag nie.  

4. Las die bokante van twee van die 535 mmomrandings om een stuk te vorm en versterk dit met ʼn 180 mm-klamplat wat met 4 x 35 mmskroewe aan albei stukke vasgeheg word. 

5. Herhaal dit met die 435 mm-omranding en las hierdie pare tot jy genoeg het om twee kaste te maak, een met ʼn dubbelomranding en een met ʼn enkelomranding. 

6. Maak die latwerk deur die volgende punte op die vier 1800 mm-stukke af te meet en te merk: 280 mm, 460 mm, 650 mm, 800 mm, 985 mm, 1155 mm en 1340 mm. Heg die 395 mm-dekstroke en die 375 mm-stukke om die beurt vas en begin met ʼn dekstrook. Heg die dekstroke gelyk teenaan aan albei kante vas terwyl ʼn plankwydte aan die agterkant van die latwerk oopgelaat word as die 375 mm-stukke met 4 x 35 mm-skroewe vasgeheg word. 

7. Heg die twee eenderse latwerke aan die binnehoeke van die boonste en onderste kaste vas en die 450 mm-stukke aan die agterkant op die plekke wat 460 mm, 800 mm en 1155 mm gemerk is om ʼn stootlas te vorm. Heg die 495 mm-stukke met vier 35 mm-skroewe aan die basis vas. 

8. Bepaal die vertikale middelpunt aan die bo- en onderkant van die kaste en heg 8 die 1800 mm-dekstrook met vier 16 mmskroewe vas. 

9. Sny ʼn stuk WeedGard dubbel die grootte van die kas en kram dit in die hoeke en al met die bo- en onderpunt van die kas langs vas. Sny ná plant die oortollige doek af. 

-->
The Gardener