
Die beste seshoek
Die seshoekrak is oulik, veral as dit skeppend in ʼn groep gebruik word.
Jy het nodig:
- PAR-hout soos volg gesny: 1,8 m x 94 mm x 22 mm
- Houtvuller
- Maskeerband
- Houtgom
- Verf of houtbeits
- Gereedskap: ʼn Potlood, maatband, versteksaag en skuurder
1.
2.
3.
1. Stel die versteksaag op 30° en sny ses stukke hout met die lang kant 185 mm en die hoeke wat na binne wys.
2. Lê die ses stukke in ʼn ry met die hoekige kante na onder en die punte teenmekaar.
3. Plak twee stroke maskeerband oor die ses stukke met ʼn ekstra stukkie aan die een kant.
4.
5.
6.
4. Draai die ses stukke om. Die maskeerband sal hulle teenmekaar hou.
5. Wend houtgom aan op al die “V”-ruimtes asook op die een skuins kant.
6. Rol die ses stukke in ʼn seshoek op.
7.
8.
9.
7. Gebruik die ekstra stukkies maskeerband van stap 6 om die seshoek vas te maak en laat droog word.
8. Trek die maskeerband af sodra die gom droog is en wend houtvuller in al die gaatjies aan.
9. Skuur al die oppervlakke af en verf.