fbpx

DIY-houtkersengele

Handgemaakte Kersversierings het ʼn bekoring wat winkelgekoopte versierings net nie kan ewenaar nie. Dis verrassend maklik om
houtengele te maak, selfs vir diegene wat hulle nie as houtwerkers voordoen nie. Met ʼn paar afvalstukkies dennehout, ʼn bietjie Totim by Woodoc en ʼn stil middag draai hierdie ornamentjies pragtig uit.

Wat jy nodig het:

  • 9 Totim Solvent-Based Exterior Wood Sealer Teak 
  • 9 20 mm gelamineerde dennehout 
  • 9 30 mm-houtskroef 

Stappe

Stap 1: Trek die vorm van jou engel op die hout af (sien bladsy 92 vir sjabloon om uit te knip).  

Stap 2: Sny dit met die figuursaag uit. 

Stap 3: Skuur die hele oppervlak met ʼn 120-grint-skuurskyf tot glad. Vee daarna met minerale terpentyn af.  

Stap 4: Plak ʼn klein blokkie (20 mm x 40 mm) ʼn paar millimeter van die onderkant agterop vas en skroef vas met ʼn 30 mm-houtskroef. Dit laat die engels effens agteroor leun. Plak eers die blokkie vas voor die Totim aangewend word aangesien die verseëlaar kan keer dat die gom vaskleef. 

Stap 5: Roer die Totim goed met die roerspaan voor, sowel as gedurende aanwending. Moenie skud of verdun nie. Wend dit met ʼn hoëgehaltekwas aan totdat die oppervlak 10 minute lank blink bly; wend nog produk op dowwe/droë kolle aan. Vee die stof af, vee (nie vryf nie) skoon met minerale terpentyn en laat droog word. Wend nog twee lae so aan (ten minste drie lae).  

Stap 6: Versier na jou smaak met ʼn lint, knope en ander elemente wat jou persoonlikheid uitdruk. 

 

-->
The Gardener