fbpx

Maak jou eie kersfees versierings

Read in English

Maak hierdie feestyd jou eie unieke versierings vir jou boom. Betrek die kinders en skep ook herinneringe.

Jy het nodig:

  • Kitsdroogsement
  • Petroleumjellie (Vaseline)
  • Spuitverf: Ons het Rust-Oleum Metallic Gold en Bright Coat Chrome gebruik.
  • Lint
  • ʼn Stuk hout as gietoppervlak
  • Kleefplastiek

Gereedskap: Koekiedrukkers, gomgeweer en stokke

Stappe

1. Wend ʼn 2 mm dik laag petroleumjellie op die oppervlak aan. Wend petroleumjellie aan die binnekant van die koekiedrukkers aan om te keer dat sement daaraan vassit.

2. Druk die koekiedrukkers in petroleumjellie. (Dit sal die onderkante verseël en keer dat die sement uitloop.) Meng kitsdroogsement met water om ʼn papperige dikte te vorm. Maak die koekiedrukkers vol en laat droog word.

3. Druk die sement uit die koekiedrukkers uit. Gebruik ʼn tang om die koekiedrukkers van die sement af te kry as dit vassit.

4. Vee oormatige petroleumjellie af en was die versierings in warm seepwater.

5. Sny ʼn stuk lint af en gom dit aan die agterkant van die sementversiering vas as jy ʼn hangende versiering verkies.

6. Spuitverf die versierings en hang hulle aan jou boom op (of op enige ander plek wat ʼn tikkie Kersvrolikheid kort).

Slim wenk: Draai die gietoppervlak met kleefplastiek toe om te keer dat die sement dit beskadig.

-->
The Gardener