fbpx
couch-arm table

Pasgemaakte rusbankarmleuningtafel

Read in English

Hierdie armleuningtafeltjie is suiwer gerief vir jou stoepbank.

JY HET NODIG:

20 mm-dennehout wat soos volg gesny is:

  • 1 x 350 mm x 300 mm (buitekant van armleuning)
  • 4 x 140 mm x 65 mm (verdelers)
  • 1 x 350 mm x 140 mm (kompartementdekstuk)
  • 1 x 350 mm x 70 mm (kompartementonderkant)
  • 1 x 350 mm x 180 mm* (bokant van armleuning)
  • 1 x 350 mm x 160 mm (binnekant van armleuning)

* Hierdie mate pas op ons rusbank wat ʼn armleuningwydte van ongeveer 170 mm het . As die armleuning van jou rusbank wyer of nouer is, pas hierdie afmeting daarvolgens aan

  • Houtgom
  • Houtbeits
  • Tork Craft-lasskyfies (“joining biscuits”)

Gereedskap

Festool hangfiguursaag, Tork Craft koordlose miniskuurder, Tork Craft skyfiefreesmasjien (“biscuit jointer”), potlood.

MAAK SÓ:

1. Sny al die stukke volgens die afmetings op die diagram. Let op dat die verdelers skuins is.

2. As die verdelers klaar gesaag is, klamp hulle saam en skuur totdat hulle identies is.

3. Merk op al die stukke waar die skyfies moet kom soos op die diagram aangetoon word. Bring twee stukke wat gelas moet word in lyn en merk albei.

4. Sny met die Tork Craft-skyfiefreesmasjien groewe op elke merk in al die stukke.

5. Begin hulle inmekaarsit om kompartemente te maak. Wend hiervoor gom aan die agterkant van elke verdeler aan en steek dan die skyfies in die gleuwe in.

6. Bring die verdelers aan die buitekant van die armleuningstuk op hul plek aan.

7. Wend gom aan die voor- en onderkant van die verdelerstukke aan, bring die kompartementdekstuk en onderkant op hul plek aan en klamp dan die hele samestel saam. Laat droog word.

8. Las die bo- en binnekant van die armleuning met gom en skyfies en klamp dit saam. Laat droog word.

9. Wanneer die komponente droog is, las die bokant van die armleuning aan die buitekant van die armleuning met gom en skyfies. Klamp op sy plek vas en laat droog word.

10. Skuur die voltooide armleuningtafel af, beits en verseël dit. Jou stylvolle armleuningtafel is klaar!

Tork Craft-skyfiefreesmasjien

ʼn Skyfiefreesmasjien word gebruik om twee stukke hout te las wat ʼn vinnige metode bied om die perfekte vlakvoeg te kry terwyl dit tegelykertyd die voeg en die skrynwerk versterk. Dit het ʼn klein sirkelsaaglemmetjie wat vinnig ʼn halfmaanvormige gat in die teenoorstaande kante van twee stukke hout of houtsamestellingpanele (‘wood composite panels’) insny. ʼn Ovaalvormige, uiters goed gedroogde en saamgeperste houtskyfie word in die gleuwe ingegom en saam vasgeklamp. Die nat gom laat die skyfie verder uitswel om die voeg verder te versterk.

-->
The Gardener