Selfdoenstewelrak
Hou jou rubberstewels op hul plek en uit die pad met hierdie mooi stewelrak.
JY HET NODIG:
32 mm-dennehout volgens die volgende afmetings gesaag:
2 x 800 mm x 100 mm x 32 mm (sykante)
1 x 160 mm x 100 mm x 32 mm (dwarsbalk)
1 x 363 mm x 100 mm x 32 mm (bokant)
1 x 435 mm x 100mm x 32 mm (onderkant)
8 x 340 mm x 16 mm tappenne
Houtgom
Houtonderlaag
Verf
50 mm-Kreg-skroewe
Gereedskap:
Kreg Jig K4 Master System (setmaat), Festool koordlose boor, Festool-figuursaag, Tork Craft koordlose muisskuurder, verfkwas, 16 mm boorpunt, emmerdeksel, potlood, maatband, kombinasiewinkelhaak
MAAK SÓ
1. Gebruik iets groots en ronds soos ʼn emmerdeksel, trek die ronding op die bokant af soos op die diagram en sny dit dan uit met die Festool-figuursaag.
2. Merk volgens die diagram al die stukke wat in die Kregsetmaat geboor moet word. Boor dan al die nodige gate met die Kreg-setmaat om die houtstukke te verbind.
3. Gebruik die houtgom, Kreg-skroewe en Festool koordlose boor om die dwarsbalk in die middel met die twee sykante te verbind.
4. Verbind die bokant met die sykante ook met die houtgom, Kreg-skroewe en Festool koordlose boor.
5. Gebruik weer die houtgom, Kreg-skroewe en Festool koordlose boor om die sykante met die onderkant ewe ver van die middellyn en gelyk met die agterkant te verbind.
6. Merk waar om gate vir die tappenne te boor en boor hulle 20 mm diep teen ʼn hoek van ongeveer 45°. Spasieer hulle in die middel van die sykante en 200 mm, 400 mm en 600 mm van onder af. Ons het ʼn kombinasiewinkelhaak gebruik om die hoek dieselfde te hou.
7. Smeer gom aan die tappenne, glip hulle op hul plek in en laat droog word.
8. Skuur die hele stewelrak af, wend die onderlaag en verf aan en laat die lae tussen aanwendings droog word.