fbpx

Stoepbankie

As baie agterstewes moet kom stoepsit, is ʼn stewige klein bankie handig.

Jy Het Nodig:

  • 32mm-dennehout wat die volgende afmetings gesaag is:
    • 3 x 1000 mm x 100 mm x 32 mm (sitblad)
    • 1 x 820 mm x 100 mm x 32 mm (steunplank)
    • 4 x 460 mm x 100 mm x 32 mm (pote)
    • 2 x 260 mm x 100 mm x 32 mm (pootverspanstukke)
  • Houtgom
  • Houtonderlaag
  • Verf
  • 50 mm-Kreg-skroewe
  • Kreg-proppe
  • 5 mm x 55 mm-voldraadsnyskroewe

Gereedskap

Kreg Jig K4 Master System (setmaat), Festool- koordlose boor, TorkCraft-skuurhandskoen, verfkwas, verfroller

Maak Só:

1. Sny al die stukke volgens die afmetings op die diagram. Die bo- en onderkante van die pote is hoekig en ewewydig. Kry dit so deur 10 mm van die punt af aan die teenoorstaande lang kante te meet, te merk, dan ʼn lyn van die merk na die naaste hoek te trek en op hierdie lyn langs te sny. Kyk na die diagram vir ʼn duideliker begrip.

2. Gebruik die Kreg-setmaat om die drie stukke vir die sitvlak te las. Begin deur die setmaat en die skroewedraaierpunt reg te stel vir 32 mm-hout. Boor dan gate in een vlak van die twee planke soos op die diagram aangetoon word.

3. Wend houtgom aan aan die kante van die drie planke wat gelas moet word.

4. Skroef met die Festool- koordlose boor die drie stukke hout met Kreg-skroewe aanmekaar vas om die sitvlak te vorm. Wat lekker van die gebruik van ʼn Kreg-setmaat is, is dat ʼn mens nie hoef te wag vir die gom om droog te word nie – jy gaan bloot na die volgende stap aan.

5. Monteer die pote. Skroef twee pote met die snyskroewe aan ʼn pootverspanstuk vas. Die bokant van al drie stukke moet gelyk wees, en die buiterand van die pote moet gelyk met die onderste hoek van die verspanstuk wees.

6. Verbind die steunplank van die tafel met die twee pootmonterings met gom en snyskroewe. Al drie moet bo gelyk wees.

7. Sit die voltooide pootmontering onderstebo op die sitvlakgedeelte. Skroef die steunplank met Kregskroewe in die reeds geboorde Kreg-gate aan die sitvlak vas.

8. Skuur die voltooide tafel af, wend dan ʼn houtonderlaag en verf aan en laat genoeg tyd tussen die lae toe om droog te word.

Kreg Jig K4 Master System

Die Kreg Jig® K4 is die perfekte keuse vir selfdoeners en enigiemand vir wie sakgatskrynwerk nuut is. Die eenvoudige ontwerp gee jou die selfvertroue wat jy nodig het om aan die gang te kom, en jy sal jou projek in ʼn kits klaar hê met lasse wat so maklik is soos “Boor, skroef vas, klaar!” Die K4-stelsel is te kry met daarby die setmaat, boorpunt, skroewedraaierpunt, ʼn vlakklamp, stofvanghegstuk, ʼn beginskroefstel en selfs proppe.

-->
The Gardener