fbpx

Nuttige Waterrekkers

Wat waterbestuur en die aan die lewe hou van plante betref, het die tuinier twee hoofbekommernisse wat eerstens is om ʼn kosbare hulpbron te bespaar en tweedens om dit direk te kanaliseer na waar dit die nodigste is – die plantwortels.

Gebruik ʼn grondbenattingsmiddel

Hidrofobiese sandgrond wat maak dat water afloop en swak insak, en potgrond met ʼn basbasis wat te lank uitgedroog het en moeilik is om te rehidreer, is twee probleme wat maklik met die gebruik van Waterwise 3D opgelos kan word. Dié bioafbreekbare produk kan in ʼn gieter met water gemeng word om maklik toe te dien, dit breek die wasagtige residu op hidrofobiese grondsoorte af en laat water toe om dieper in die grond in te sak om die plantwortels te bereik waar dit die nodigste is. Aangesien dit ook die doeltreffendheid van misstowwe verbeter, word sterker, dieper en digter wortels bevorder sodat veel minder natgemaak hoef te word.

Dit is ʼn nuttige produk om te gebruik vir hangmandjies en groot houers wat altyd vinnig uitdroog. ʼn Mengsel van 500 ml Waterwise 3D per 500 l water kan 1 m2 grond behandel. Dien dit elke 60 dae direk op die grond (nie op plantblare nie) toe.

Voorkom saailingverlies

Dis in Mei vir ons ʼn plesier om saailinge van wintergroente en winterblommende jaarplante te plant, maar soms word plantverlies weens waterstres in grond met ʼn lae waterhouvermoë en tydens droë tye ervaar. Aquafix, ʼn polimeerplantjel, tree as waterreservoir op wat saailingoorlewing verseker aangesien dit water en voedingstowwe van tot 300 keer sy gewig opneem terwyl dit stadig water in die plant se wortelsone vrystel. Dit vorm ʼn pap as dit met water gemeng word wat vóór die plant van saailinge aan die grond toegedien en ook in afsonderlike plantgate van groter plante soos meerjariges en struike bygevoeg kan word.

Skoon dammetjiewater

Clear Pond bestaan uit sowat 20 stamme van natuurlike mikrobes wat ʼn stryd teen alge om voedingstowwe in dammetjiewater voer. Hulle verminder nitrate en fosfate en voorkom die opbou van slyk. Die gevolg is ʼn gesonde mikrobiese balans in die dammetjie en verbeterde watergehalte, en die belangrikste is dit benadeel nie vis of waterplante nie. Clear Pond kan in koidammetjies en alle soorte waterfokuspunte gebruik word.

Hierdie produkte is landswyd verkrygbaar by tuinsentrums en hardewarewinkels. Besoek www.makhro.co.za vir meer inligting.

Advertisements
The Gardener