fbpx
Untitled-1.jpg

Vertrou op sterkte

Read in English

Jy kan vertrou op die sterkte en duursaamheid van Sika se universele ankerkleefmiddel, Sika AnchorFix® S.

Sika AnchorFix® S is ʼn vinnig drogende kleefmiddel om wapening, skroefstawe en boute in beton, natuurlike klip en rots vas te sit. Gebruik Sika AnchorFix® S om steunarms vir fietse aan te bring, ʼn satellietskottel of sekuriteitstelsel aan die mure van jou huis vas te sit, jou eie vrydraende rak te maak, of selfs ʼn hek aan ʼn muur vas te sit. Trouens, Sika AnchorFix® S kan alles doen waaraan jy kan dink wat vereis dat swaar laste aan beton of klip vasgesit word.

Dit is baie maklik om te gebruik as jy die volgende eenvoudige stappe volg:

1. Skroef die doppie af en sny die lagie af.

2. Skroef die statiese menger op en sit die patroon in die pistool om te begin aanwend.

Plaas die ankers in beton of baksteenmure deur die volgende te doen:

1. Boor ʼn gat van die vereiste deursnee in die beton of baksteen.

2. Maak die gat skoon met lug en ʼn staalborseltjie en maak seker die skroefstaaf is olievry. 3

. Druk die AnchorFix® S op ʼn stukkie afvalhout of karton uit tot albei komponente egalig uitkom. Begin spuit agter in die gat en trek dit algaande uit om te keer dat lugholtes vorm.

4. Steek die skroefstaaf met ʼn draaibeweging in die gat in. Droogtyd hang van die omgewende temperatuur af. By ʼn temperatuur van tussen 20 °C en 25 °C is die droogtyd ongeveer 40 minute. Maak seker jou anker word nie tydens hierdie tyd beweeg of belas nie.

1
2
3
4


Advertisements
-->
The Gardener