Dianthus – Pienk is pragtig!
Die sierlike, helderkleurige Dianthus is alom geliefd.
Daar is verskeie spesies dianthus, insluitend die gewone angelier – Sweet William of China Pink, soms eenvoudig ‘pinks’ genoem. Die rede hiervoor is dat hulle dikwels in die kleur pienk voorkom. Sommige mense sê selfs dat die naam verwys na hulle krullerige blomblare, al asof dit met ʼn kartelskêr gesny is. Dianthus is deesdae beskikbaar in ʼn reeks helder kleure wat wissel van spierwit tot donker en dramatiese rooi, en al die skakerings en tweekleurige variante tussenin.
Dianthus-beddingplante is perfekte eenjarige plante vir ʼn kothuis-styl tuin, maar leen hulle ook tot eenkleurige massa-aanplantings. Hulle vaar ook baie goed in houers. Plant hulle naby die huis om heeldag lank die speseryagtige geur te geniet. Hulle is ook uitstekende snyblomme.
Wat hulle nodig het
• Hulle is sonbehoewende eenjarige plante wat minstens 6 uur se son per dag benodig. Moenie in diep skadu plant nie. Hulle moenie aangemoedig word om ʼn mat te vorm nie en kan begin vrot. Hulle kan egter wel gedeeltelike skaduwee hanteer.
• Hulle benodig goeie lugsirkulasie, so dit is belangrik dat die aanbevole plantafstand vir elke variëteit gevolg word.
• Goeie dreinering is noodsaaklik, en maak seker die grond is met baie kompos en gebalanseerde, stadig vrystellende misstof verryk.
• Gee gereeld water, maar nie te veel nie; hulle is geneig om aan wortelvrot te ly.
Versorging
• Voer elke 6 – 8 weke gedurende die groeiseisoen met gebalanseerde, stadig vrystellende misstof.
• Sny die dooie blomme gereeld af om die blomtyd te verleng; dit help om die plante netjies te hou en keer dat hulle te vinnig saadskiet.
Varieteite
Vir beddingplante, hou gerus die volgende in gedagte:
• Dianthus barbatus ‘Jolt’ – hitte-bestand, met treffende blomme en donkergroen blare. Grootte: 50 x 35 cm.
• Dianthus barbatus ‘Dash’ – helder, welriekende blomme op kompakte plante. Grootte: 50 x 35 cm.
• Dianthus chinensis x barbatus ‘Chiba’ – kompakte plante wat vroeg blom, met sterk trosse geronde blomme. Grootte: 35 x 25 cm.
Mer inligting oor dianthus
• Dianthus is een van die oudste gekweekte snyblomme en het die toets van die tyd weerstaan omdat hulle so lank vars bly en so lekker ruik.
• Dit kan wees dat die kleur pienk (oftewel ‘pink’ in Engels) vernoem is na dianthus, wat uit die 14ste eeu dateer, met verwysing na die krullerige rande van die blomme.
• Dianthus-blomme is eetbaar, met ʼn blomagtige, naeltjierige smaak. Hulle word dikwels op koeke en poedings gebruik, maar kan ook gebruik word om sop en slaaie te versier en vertoon baie mooi wanneer hulle in ysblokkies gevries en in drankies bedien word.
• In die literatuur simboliseer hulle toegeneentheid, dankbaarheid en bewondering.
• Die blomme word as ʼn essensiële olie gebruik en word as ʼn stresverligter met antiinflammatoriese voordele beskou.
Kyk uit vir
Centaurea cyanus ‘Ball Mix’ (Koringblom) Hierdie aantreklike, kleurvolle eenjarige plante, wat aanvanklik as ʼn onkruid in koringakkers gegroei het, het bekend geraak as ʼn fiemieslose toevoeging tot veldtuinbeddings of as snyblom in die tuin. Plant verskillende kleure saam vir ʼn sprankelende vertoning van laat lente tot laat somer, en lok terselfdertyd die bye en skoenlappers.
Aan jou gebring deur die Beddingplant-kwekersvereniging (BPGA)
Find a garden centre near you: