Dubbele Genot
Sluit by Freddie aan om uit te vind wat nuut en mode is in die wĂªreld van blomplantjies. Die volgende blomgunstelinge is hierdie maand landwyd beskikbaar by tuinsentrums en net reg om in jou tuin of in ‘n pot geplant te word.
Dianthus
‘n Antieke Griekse plantkundige het die dianthus ‘goddelike blom’ genoem, en sedertdien is hierdie pragtige pienk blomme gewilde eenjariges in tuine wĂªreldwyd. Hul gewildheid is ook te danke aan hul geharde, probleemlose, geurige en lang blommende eienskappe. Hulle is gunstelinge van skoenlappers, bye en voĂ«ls. Hulle maak ook uitstekende snyblomme, wat die huis ‘n speserygeur gee. Hulle is goeie potplante vir ‘n pienk kleurspatsel.
- Plant in volson (hulle hou nie van te veel skaduwee nie).
- Grond moet goed dreineer en effens suur wees.
- Maak ongereeld nat; hulle verkies die grond droër as ander eenjariges.
- Spasieer goed uitmekaar om goeie lugvloei te verseker en swamsiektes te voorkom.
- Voed een keer per maand met ‘n algemene stadig vrystellende kunsmis.
- Verwyder dooie blomme om blom te bevorder.
Wees op die uitkyk na diĂ© variĂ«teite: ‘Dash’, ‘Super Parfait’, ‘Diamond’, ‘Coronet’, ‘Diana’, ‘Ideal Select’ en ‘Chiba’.
Wenk
Dianthus is ‘n goeie metgesel in die groentetuin saam met eiervrugte, aartappels, soetrissies en aarbeie. Die speserygeur van die blomme sal insekte afweer.
Dahlias
In hierdie geval verwys ons na beddingdahlias, wat uit saad gekweek word en gewoonlik nie so hoog soos boldahlias is nie. Hierdie dwergvariĂ«teite is in ‘n indrukwekkende verskeidenheid enkelkleure en tweekleure, sowel as enkel en dubbele blomme te kry. Hulle is uitstekende snyblomme vir die huis en is maklik om te kweek en te versorg.
- Plant in volson. Sommige variĂ«teite, soos ‘Figaro’, sal ‘n bietjie skaduwee verdra.
- Gee hulle genoeg ruimte om te groei (40 cm uitmekaar) om voldoende lugvloei te voorsien. Digte plante is vatbaar vir witroes.
- Gee gereeld in die oggende water.
- Bevorder blom met ‘n kaliumryke kunsmis elke twee weke in die lente.
- Knyp die middelste lote uit om bosvorming aan te moedig.
- Verwyder dooie blomme soos hulle verlep, en hulle sal vir maande aanhou blom.
Blitswenk
Plant hierdie maand kombuissalie, Salvia officinalis, in jou blombeddings. Die grys blare sal mooi kontrasteer met helderkleurige blomme soos dianthus en dahlias. Plant in volson en moenie te veel water gee nie. Oes gereeld vir gebruik in die kombuis.
Wees op die uitkyk na diĂ© variĂ«teite: ‘Garden Joy’, ‘Dalaya’ en ‘Figaro’.
Aan jou gebring deur die Beddingplantkwekersvereniging (BPGA)