Lente- en somerkleur
Sluit by Freddie aan om uit te vind wat nuut en mode is in die wĂªreld van blomplantjies. Die volgende blomgunstelinge is hierdie maand landwyd beskikbaar by tuinsentrums en net reg om in jou tuin of in ‘n pot geplant te word.
Helder kleure lok bestuiwers na ‘n tuin, en jy kan nie helderder kry as hierdie eenjarige plante wat in die tuinsentrum wag om in jou tuin geplant te word nie.
Portulaca
Of jy nou Portulaca grandiflora of Portulaca oleracea plant, jy kan verseker wees van ‘n eenjarige plant wat droogtebestand is en lae onderhoud verg, maar wat ook blommeprag bied met sy helder enkel of dubbele blomme.
Wat hulle benodig
- Sonlig en baie daarvan – minstens 6-8 uur daagliks. As daar minder son is, kan jy ‘n tekort aan blomme en helder kleure hĂª.
- Grond meer aan die sanderige kant met goeie dreinering is noodsaaklik. Hierdie plante haat dit om nat voete te hĂª.
- Danksy hul vetplantaard benodig hulle min water, en oormatige water kan wortelvrot veroorsaak.
- Hulle is rypsensitief, daarom moet hulle eers uitgeplant word wanneer die gevaar van ryp verby is.
- Werk ‘n bietjie stadig vrystellende kunsmis in tydens planttyd en laat hulle dan met rus. Te veel kunsmis kan oortollige blaargroei en min blomme tot gevolg hĂª.
- Verwyder gereeld dooie blomme om meer blomme aan te moedig.
Variëteite
Die meeste Portulaca’s is grondbedekkers en versprei, maar daar is ‘n paar bosvormige tipes wat ‘n meer regop groeiwyse het. Wees op die uitkyk vir die volgende:
‘Happy Hour’ – spreidende grondbedekker in ‘n wye reeks helder kleure.
‘Campino’ – enkel tweekleurige blomme in ‘n kompakte vorm. Uitstekend vir houers.
‘Sunseeker’ – ‘n kompakte variĂ«teit met dubbele blomme. ‘Rio Grande’ – groot enkel blomme in helder kleure.
Jy kan jou horlosie stel volgens wanneer portulaca-blomme gedurende die dag oop- en toemaak.
Osteospermums
In die wĂªreld van blommeprag is Osteospermums bo-aan die lys vir betowerende kleure en bekorende blomme. Hulle is uiters veelsydige madeliefies wat ewe goed lyk in beddings en houers. Hulle is bekend vir hul langdurige blomme.
Wat hulle benodig
- Volson maar sal ook ‘n bietjie skaduwee hanteer, maar met minder blomme. •
- Enige goed gedreinerende grond solank dit nie deurdrenk is nie. •
- Matige water met ‘n bietjie uitdroging tussen watertoedienings om wortelvrot te voorkom. •
- ‘n Maandelikse voeding met ‘n algemene kunsmis sal hulle langer laat blom. •
- Verwyder gereeld dooie blomme om blomvorming te bevorder.
Variëteite
Daar is baie variëteite en baie kleure en kleurkombinasies, sodat hierdie groep plante iets vir almal bied.
‘Akila’ – ‘n netjiese eenvormige groeiwyse, 40-50 cm
‘FlowerPower’ – interessante kleure met ‘n regop groeiwyse, 25-35 cm.
‘Serenity’ – eenvormige groeiwyse met unieke kleure en kombinasies, 25-35 cm.
Plant nou basiliekruid
Dis ‘n heerlike krui vir pesto’s en slaaie en moet nou geplant word vir ‘n seisoenale gebruik in die kombuis. Daar is baie variĂ«teite basiliekruid om van te kies en ‘n paar belowende nuwe variĂ«teite om op die uitkyk na te wees. Plant in volson in goed gedreineerde, ryk grond vir die beste resultate.
Aan jou gebring deur die Beddingplantkwekersvereniging (BPGA)
Vind ‘n tuinsentrum naby jou