fbpx

Freddie se Gunstelinge – Petunias & Calibrachoas


Dis tyd om hope uitmuntende kleur te plant en die beste is petunias en calibrachoas om hul kleurkeuse en indrukwekkende prag.

Hangmandjiewenke:

ʼn Massa blommende petunias of calibrachoas is iets wat ons almal in ons tuine wil hê en ʼn goeie manier om dit uit te voer, is deur hulle in hangmandjies te plant. Hier is ʼn paar wenke om aan die gang te kom:

• Kies die regte mandjiegrootte vir die plantsoort. ʼn Mandjie van tussen 30 cm en 40 cm is gewoonlik groot genoeg vir die meeste plante. Groot mandjies kan te swaar wees om op te hang en kleiner mandjies hou nie genoeg grond om sommige plante goed te laat groei nie.

• Kies die regte plante. Tuimelende plante soos calibrachoas lyk altyd mooi in hangmandjies. ʼn Plantmengsel skep ook baie belangstelling.

• Berei die grond voor. Gebruik ʼn voering van klapperhaar of veenmos wat ook help om vog te behou. Gebruik ʼn goeie potmengsel en voeg ʼn stadig vrystellende misstof by om jou plante ʼn hupstoot te gee.

• Die hoogte om hangmandjies maklik by te kom om water en voeding te gee en dit te geniet, is op ooghoogte. Die meeste plante het volop sonlig nodig en moet teen sterk wind beskut word.

• Maak gereeld nat wat na gelang van die weer daagliks kan wees. Hangmandjies droog baie vinnig uit. Voed tweeweekliks met ʼn vloeibare plantvoedsel

Die beste planttyd:

Vermy die warm en vogtige somertoestande vir petunias en calibrachoas en plant hulle in die herfs, winter of vroeglente.

Calibrachoas om na op die uitkyk te wees:

Nuwe kleure en variëteite word jaarliks bekend gestel. Wanneer jy by jou plaaslike kwekery inkopies doen, wees op die uitkyk na die volgende calibrachoa-variëteite:

‘Cabaret’ – treffende kleure, sommige met geel sterstraalharte. ʼn Eenvormige groeiwyse met blomme wat in swak lig oop bly. Perfek vir hangmandjies en houers.

‘Cha-Cha’ – ʼn sterker groeier as ander variëteite met groter vroeë blomme en interessante kleurkombinasies, veral ‘Diva’.

‘Conga’ – ʼn vroegblommende kompakte variëteit in sterk en tweekleurige skakerings.

Nuut op die toneel:

Petchoas is ʼn kruising tussen ʼn petunia en ʼn calibrachoa. Hulle is geteel om die beste kenmerke van elke ouer te hê met goeie weerbestandheid en ongelooflike kleur. Hulle het die groot spoggerige blomme van ʼn petunia en die kompakte tuimelende trefkrag van ʼn calibrachoa. Wees op die uitkyk na Petchoa ‘Beautical’ in die kwekery.

Vind ‘n kwekery naby jou:

https://www.lifeisagarden.co.za/category/garden-centres/

-->
The Gardener