Vul somer kleur aan
Sluit by Freddie aan om uit te vind wat nuut en mode is in die wĂªreld van blomplantjies. Die volgende blomgunstelinge is hierdie maand landwyd beskikbaar by tuinsentrums en net reg om in jou tuin of in ‘n pot geplant te word.Â
Sommige eenjariges doen so goed dat hulle noodsaaklik is vir ‘n somertuin. Hetsy in ’n tuinbedding of net vir ‘n pot vol kleur, kan jy nie ’n fout maak met hierdie lonende plante nie.Â
Impatiens
Die vryblommende aard van impatiens maak hulle gewilde plante, en hulle kan in son of skaduwee geplant word. Om kleur in skadukolle te kry, kan nogal ‘n uitdaging wees, maar nie met die verskeidenheid impatiens wat beskikbaar is nie. Gee hulle klam, goed gedreineerde gronde en ‘n kunsmis wat stadig vrystellend is om hulle gesond te hou, en hulle sal jou beloon in die tuin en in houers.Â
Wees op die uitkyk na:
- ‘SunPatiens®’ vir son sowel as skaduweeareas. Hulle is vining groeiende plante wat hou van die hitte en wat lae onderhoud verg. Die verskeidenheid van kleure sal vir drie seisoene van lente tot herfs jou tuin se beddings of potte met blomme prag vul.Â
- ‘Imara’ het ‘n hoĂ« weerstand teen witroes en hou van ‘n skaduryke plek. Hulle blom die hele seisoen lank en kom in ‘n verskeidenheid helder kleure voor.   Â
- ‘Solarscape’ is ‘n nuwe variĂ«teit met onweerstaanbare kleur in volson. Die blomme het ‘n tropiese voorkoms met ‘n satynagtige tekstuur in lewendige, gloeiende skakerings.Â
Moenie vergeet om soetrissies te plant nie
Of jy nou soetrissies of brandrissies kies, dis tyd om hulle in die grond te kry vir ‘n goeie oes deur die somer. Hulle hou van die somerhitte en sal goed vaar as jy hulle gereeld water, ‘n goeie deklaag en voeding vir blomme en vrugte gee.Â
Afrikaners
Hul heldergeel en oranje is al wat jy nodig het om kleur in ‘n gemengde blombedding of tuin potte te verskaf. Afrikaners (Tagetes) floreer in volson in goed dreinerende grond. Hulle is bekend vir hul plaagwerende eienskappe, wat hulle ideaal maak om tussen groente en kruie te plant. Plant saailinge in klam grond en verwyder die dooie blomme gereeld om meer blomme aan te moedig.Â
Wees op die uitkyk na:
- ‘Proud Mari’ met volledige dubbele blomme op stewige stingels in ‘n kompakte reeks.
- ‘Safari’ (Tagetes patula) het ‘n reeks pragtige kleure, insluitend geel, oranje en rooi, met verskillende kleurkombinasies in groot blomme op kompakte plante.
- ‘Little Hero’ is van Franse herkoms wat hitte bestand en kompak is wat aanhou blom.
- ‘Inca’ is is van Afrika met groot ronde blomme van 10-13 cm op lang stele.
Aan jou gebring deur die Beddingplantkwekersvereniging (BPGA)Â