Kynoch se Tuinjoernaal – Desember
Hallo Tanya…
Ek het sowat sewe jaar gelede ’n suurlemoenboom geplant wat ek by ’n kwekery op George gekoop het. Ek woon in Hoekwil waar ons baie wilde diertjies het wat snags kom besoek aflê, en sowat drie weke later is die suurlemoenboom uitgegrawe, in die helfte deurgekou en aan party wortels aan die onderste helfte van die boom gevreet.
Ek het die onderste helfte weer geplant en hormoonbewortelingspoeier aan die boonste helfte gesit wat ek weer geplant het nadat dit begin uitloop het. Albei helftes het baie stadig gegroei en nie een het al vrugte gedra nie. Ek voed hulle van tyd tot tyd met vloeibare misstof, Engelse sout en misstof vir vrugte en blomme.
Nog ’n suurlemoenboom wat van ’n pit op die komposhoop gegroei het, het ’n groot gesonde boom geword, maar het ook nog nie vrugte gedra nie. Al die bome word dieselfde gevoed. My ma het ook ’n suurlemoenboom gehad wat van ’n pit gegroei en haar baie jare lank van ’n oorvloed suurlemoene voorsien het daarom wonder ek waarom myne nie dra nie. Jou kundige raad sal baie waardeer word. Vriendelike groete, Carol Mulrooney
Hallo Carol, eerstens, baie geluk dat jy die boom gered het. Hier is egter ʼn probleem – alle suurlemoenbome wat by ʼn tuinsentrum gekoop word, is geent wat hulle toelaat om ʼn sterk wortelstelsel te he en werklik jonk al vrugte te kan dra.
Ek is bevrees die ent is dalk met die kouproses beskadig, wat eintlik beteken dat jy nou twee verskillende bome het. Die “boonste” gedeelte behoort teoreties die geente varieteit te wees, wat die een is wat jy wil he.
My raad is om sesweekliks met Kyno Shrub, Flower & Fruit te voed en dit in die somer weekliks diep nat te maak.
https://www.thegardener.co.za/the-gardener/ll/lemon/
Hierbo is ʼn uitstekende artikel wat jou algaande met jou suurlemoenboom sal help en jou al die hulp en raad sal gee wat jy nodig het.Alles van die beste, Tanya
Kan jy asseblief raad gee oor watter bome die beste geskik is om langs ’n Astro-hokkieveld te plant? Die hoofdoel is om vir die spelers en toeskouers skadu te gee. Ek is seker dit behoort immergroen met ’n penwortelstelsel te wees? Jou hulp word hoog op prys gestel. Yolandi
Hallo Yolandi, dankie dat jy na my teruggekom het met waar jy woon. Ek het met Nico van Ninfa-tuinsentrum in jou omgewing, Middelburg in Mpumalanga, in aanraking gekom om my te help met hierdie baie belangrike besluit. Dis ʼn groot besluit om ʼn boom te plant – veral wanneer oorweeg word wat om te plant en waar! Baie foute word gemaak met die soort boom en waar om dit te plant, foute wat dikwels daartoe lei dat tuiniers baie geld moet betaal om dit te verwyder. Die boom wat jy nodig het, moet ʼn penwortel he om nie op die AstroTurf inbreuk te maak nie.
Hier is ʼn paar voorstelle: Pittosporum tenuifolium, Buddleja saligna, Afrocarpus henkelii, Acer palmatum en Ilex mitis. As ek moes besluit, sou ek die Pittosporum kies omdat dit ʼn wenner van ʼn boom en tog so mooi is! Onthou asseblief dat wanneer die plantgate voorberei word om ʼn ruim hoeveelheid kompos wat met minstens twee hande vol KynoGarden gemeng word, by te voeg. Die kompos verbeter die grond en gee ʼn wonderlike basis vir die plant terwyl die KynoGarden al die noodsaaklike voedingstowwe verskaf om sterk wortelgroei aan die gang te kry. Alles van die beste, Tanya
Ek het besluit om vanjaar weer malvas te beproef nadat hulle verlede Desember hier in Johannesburg in ’n haelstorm heeltemal flenters geslaan is. Dit lyk egter of ek ’n vreemde probleem met hulle het, soos jy op die foto’s kan sien. Ek kon nog nie uitvind wat die probleem is nie en ek hoop jy kan help. Dale Hastings
Hallo Dale, hulle lyk glad nie sleg nie, trouens die loof is gesond. Wat jy nou wel oor het, is uitgeblomde blomstingels wat saad probeer maak. Volg asseblief die groen stingel met jou vinger af tot waar dit by die hoofstam aansluit en breek dit sommer met jou vingers af. Moenie dit laat aanbly nie omdat die plante dan siektes begin kry. Onthou ook wanneer jy natmaak om die plant vooraf goed te laat uitdroog voor dit weer water kry en maak net die grond nat, nie hul blare nie. Ek sal ook met Kyno Shrub, Flower & Fruit voed, twee teelepels vierweekliks asook ʼn vloeibare seewiermisstof. Al twee verbeter blom en versterk die plante teen siekte. Alles van die beste, Tanya
Ek het verskeie vetplante – soos op die aangehegte foto – wat tans blom. Die blare lyk ’n rukkie mooi en raak dan grys, soos jy kan sien. Hoe voorkom ek dit of laat ek hulle herstel tot hul volle glorie? En belangriker, wat veroorsaak die onooglike vergrysing? Mike Clancy
Hallo Mike, Epiphyllum kry algemeen ʼn swamsiekte wat ʼn grys kleur het. Behandel dit weekliks met ʼn sistemiese swamdoder soos Dithane wanneer jy natmaak, en maak die plante soggens vroeg nat. Hierdie swamsiekte kom algemeen by die plante voor wanneer hulle na ʼn koelerige winter deur die laer temperature gestres is wat hulle vir hierdie siekte vatbaar maak. Voorspoed, Tanya
Kan jy my asseblief help met die naam van die boom in die Junie 2023- uitgawe, bladsy 18, van die artikel “Inspirerende Mure” van die Melbourne-blommeskou. Ek het ’n piepklein ommuurde tuintjie met ’n muur wat oos kyk en is op soek na iets om ’n bietjie groen hoogte teen ’n klipmuur te gee. In die somer kry die muur ’n bietjie lekker sonlig, maar nie soveel in die winter nie. Ek het werklik van die “voorkoms” van die Junie-uitgawe gehou en het gewonder oor daardie bome. Vriendelike groete, Annie Lewis
Hallo Annie, baie dankie vir jou foto. Terwyl ek nou na jou plek kyk, kies ek een plant . . . dit het onmiddellik by my opgekom. Ek sal ʼn Acer palmatum-hibried plant. Onthou wanneer jy die plantgat voorberei om ʼn ruim hoeveelheid kompos en minstens twee hande vol KynoGarden in te sit. Hierdie mengsel, veral met die KynoGarden, bevorder en stimuleer sterk wortelgroei, en help dat die boom direk na oorplanting sterk wortels maak.
Maak weekliks diep nat, veral as dit nog nie begin reen het nie. Dien na ses tot agt weke ʼn hand vol KynoVeg toe. Dit klink dalk snaaks, maar die samestelling van KynoVeg – dis die misstof 2.3.4 – is wat belangrik is. Die laaste getal (4) is belangrik. Dis vir kalium, wat sterk plantselwande bevorder, selverdeling stimuleer en plantgesondheid aanhelp. Kalium bevorder ook blom- en vrugvorming, die rede waarom dit uitstekend vir groente en vrugtebome is, dien dit dus ook in jou groentetuin toe. ʼn Paar varieteite wat net sowat 2 m hoog word, het pragtig gekleurde loof wat bladwisselend is, maar met die skouspelagtigste lenteloof. Alles van die beste, Tanya
Stuur jou vrae na info@thegardener.co.za met die onderwerpreel Kynoch’s Dirt Diaries.