fbpx

Kynoch Se Tuinjoernaal – Mei

Liewe Tanya…

Kan ek Juncus effusus sonder grond met net silika in dammetjiepotte onderwater sit? Sal dit oorleef? Baie dankie, Helen

Hallo Helen,

Ja, jy kan. Wat ek gewoonlik doen, is om soveel grond moontlik van die plant af te was, hoewel ek ʼn bietjie grond laat bly omdat ek gevind het dat dit die plant sommer baie help. Natuurlik sal die gruis ook keer dat stukkies grond loskom en in die dammetjie ronddryf. Nog ʼn goeie waterplant is Acorus ‘Golden Edge’.

Alles van die beste, Tanya

Gee my asseblief raad. Hierdie ou dame is al ouer as 20 jaar, en sy gee my steeds blomme, hoewel hulle veel kleiner lyk en die stingels veel dunner en yl is. Is dit tyd om haar te vervang? Baie dankie,Gordene

Hallo Gordene,

Sjoe, sy Ă­s oud! My voorstel is om haar ʼn hupstoot te gee met ʼn bietjie goeie voeding. Die bleek blare is ʼn teken van ʼn gebrek aan voeding. Natuurlik kan sy sonder die regte kos nie haar blare groen
maak nie wat op hul beurt blomme maak. Gebruik asseblief Kyno Shrub, Flower & Fruit volgens die aanwysings op die sak. Ek sal ook ʼn blaarvoeding, wat in water opgelos is, op die blare spuit. Beproef Nutrifeed of Kelpak.

Alles van die beste, Tanya

Ek woon in Centurion, Pretoria, in ’n kompleks wat net siersteen
is met vervelige betonplaveisel, dus geen kleur nie. Ek het ’n kruipvy teen ons grensmuur geplant om die siersteen ’n bietjie te onderbreek. Dit het ’n rukkie geduur om aan die gang te kom en het toe werklik vinnig begin groei! My bekommernis is nou of die wortels die fondamente van die mure kan beskadig. Dit het nou my grensmuur bedek wat op die oprit uitkyk asook die muur tussen ons en die aangrensende eenheid. Daar is ook ’n paar dik lote teen die mure. Hoewel dit pragtig lyk, sal ek werklik in die moeilikheid wees as dit skade van enige aard aanrig. Jou raad sal hoog op prys gestel word. Groete, Janice

Hallo Janice

Hoewel die kruipvy ʼn vinnig toegroeiende ranker is, is daar ʼn paar uitdagings, veral as jy nie die plant geknip of gevorm het nie. Die kruipvy (Ficus repens) behoort tot die vyfamilie. Sy wortels is dus ongelooflik sterk en kragtig genoeg om in krake en swak plekke in beton in te kom en dit te breek. Dit gebeur egter net as die plant nie beheer word nie. Die beste raad is dus om die plant baie straf te snoei en goed reggeknip te hou. Ek sal ook soek na verdikte wortels wat handuit geruk het en hulle bloot verwyder. As dit eers onder beheer is, kan jy diep asemhaal!

Lekker tuinmaak, Tanya

Stuur jou vrae na info@thegardener.co.za met die onderwerpreël Kynoch’s Dirt Diaries.

Advertisements
-->
The Gardener