Kynoch se Tuinjoernaal – November
Hallo Tanya…
Baie dankie vir al die inspirasie oor die afgelope paar jaar. Ek het gedink ek wil hierdie foto’s van my tuin en sy omskepping van 2021 tot 2022 met julle deel. Hierdie lente sal beslis net meer vreugde en groei bring met al die nuttige raad en inligting wat in die bladsye van Die Tuinier vervat is.
Hou aan met die goeie werk! Yogan
Hallo Yogan, ongelooflik! Joe, jy was baie besig en het ʼn absolute meesterstuk geskep. My hart is vol in die wete dat die bladsye van Die Tuinier jou geïnspireer en al die pad gelei het. Nou vir die volgende projek!
Baie dankie dat jy dit gedeel het, Tanya
Môre Tanya, ek het hierdie boom van sy snoeisels probeer plant, maar hulle gaan altyd dood. Ek het selfs ʼn video as leiding gebruik wat ek op YouTube gesien het, maar ek kry dit nie reg nie. Gee my asseblief raad oor hoe ek hulle kan plant.
Groete, Zandi
Hallo Zandi, baie dankie vir jou brief. Die plant wat jy wil voortplant, word Eugenia genoem, of dit kan ook Syzygium genoem word en sy volksnaam is die jamboes. Hierdie plant kan van volwasse puntsteggies voortgeplant word – wag dus ʼn paar weke na die groeistuwing van rooi blare en maak dan die steggies. Jy sal maklik kan bepaal wanneer hulle effens volwasse geraak het omdat die jong punte baie sag is en jy hulle maklik sal kan buig. As die stingels eers volwasse is, raak hulle donkerder en voel stewiger.
Oes hierdie punte as hulle 5 cm tot 7 cm lank is. Doen dit op ʼn koel dag en sit hulle in ʼn emmer water. Nou, wanneer dit by die plant van die steggies kom, stel ek voor jy gebruik voortplantingslaaie vol ontkiemmengsel. Verwyder ʼn paar van die onderste blare van die steggies en laat slegs eenderde van die blare aan die hele steggie oorbly. Doop die gesnyde punt in hormoonbewortelingspoeier no. 2 en sit dit in die laaie. Jy sal verbaas wees oor hoeveel jy in die laai kan inkry! Sit die laai op ʼn helder verligte plek – maar nie in direkte son nie – en maak elke dag nat. Dit behoort omtrent 10 weke vir die steggies te duur om wortel te skiet. Jy sal weet of hulle bewortel is as jy liggies aan die steggiepunt trek en weerstand voel.
Plant hulle oor in 10 cm-potte met ʼn goeie gehaltepotgrond en voed met ʼn kwart teelepel Kyno Garden. Kyno Garden sal hulle ʼn goeie hupstoot gee om aan die groei te kom en die spoorelemente sal ook help met die stres om oorgeplant te word.
Alles van die beste, Tanya
Goeie dag Tanya, ons trek na Widenham Retirement Village en wil ʼn bietjie raad hê oor watter kitsgrasperk die beste sal wees om te plant. Ons wil graag ook ʼn paar voorstelle hê oor watter inheemse struike of meerjariges om te plant (oranje en rooi is nie gunstelingkleure nie).
Baie dankie en vriendelike groete, John Dunkley
Hallo John, opwindende tye! Ten opsigte van die grasperk, een van my persoonlike gunstelinge is Berea-skaduperkgras. Hierdie inheemse perkgras vaar ongelooflik goed aan die kus, en het eintlik die naam Berea van Berea soos in Durban gekry. Hierdie perkgras vaar goed in skadu sowel as in volson, en is sag en pragtig. Hou jou snyhoogte van die perkgras op ʼn hoë stelling omdat dit is waar die grasperk op sy beste lyk.
Wanneer dit by plant kom, maak asseblief seker dat kompos en Kyno Garden by die grond gevoeg word – wat goed in die grond ingewerk en gelyk gehark moet word. Lê die grasperk en maak goed nat. Die geheim met kitsgras is dat dit die eerste twee weke daagliks ongeveer 10 minute lank vinnig natgemaak moet word. Voed dit na ses tot agt weke met Turbo Grass en jou grasperk sal tops wees!
Hier is ʼn paar inheemse plante wat supergelukkig sal wees: Seiselbos, aalwyne, dietes, carissa, clivias en gazanias.
Alles van die beste en geniet jul nuwe tuin! Tanya
Liewe Tanya, dit lyk of my frangipaniboom met wit-geel blomme aan die doodgaan is. Wat kan ek doen om hierdie boom te red? Gee asseblief raad en baie dankie, Marge Shantall
Hallo Marge, ek wonder waar jy woon. Ek sal nie te veel hieroor gestres wees nie omdat hulle wel hul blare gedurende die wintermaande verloor. Namate dit lente word, sal jy opmerk dat nuwe blare begin uitkom. Ek sal nie bekommerd wees nie.
Alles van die beste, Tanya