
Geure van Kersfees
BKS-skemerkelkie

ʼn Bosbessiekersskemerkelkie wat met den deurgeur is, is die perfekte begin vir die vierings. Die byvoeging van den (ons het jenewerbessie gebruik) gee ʼn sagte “denne”-smaak, maar dit gaan eerder oor die versiering en aroma as die smaak. Hoewel die meeste denne en sparbome eetbaar is, is ʼn paar giftig. Maak seker jy vermy Kanadese spar, norfolkeilandden, Australiese den en ponderosaden. As jy onseker is, gebruik roosmaryn as plaasvervanger.
2 koppies bosbessiesap
200 g suiker
1 bottel droë vonkelwyn, verkoel
Bevrore bosbessies
Dennetakkies (of roosmaryntakkies)
Maak ʼn stroop van die bosbessiesap en suiker. Verhit albei in ʼn kastrol en kook ongeveer 30 minute. Hou dit dop – op ʼn stadium kan dit baie vinnig afkook, te bruin raak en sy helderrooi kleur verloor, en dit wil ʼn mens nie hê nie. Bottel die stroop sodra dit afgekook is en verkoel om later te gebruik. Stel alles saam deur ʼn bietjie stroop in ʼn sjampanjeglas te gooi en vol te maak met vonkelwyn, ʼn paar bosbessies en ʼn dennetakkie.