fbpx

Raak ‘n laventelbaas!

As jou laventel al langer as twee jaar in jou tuin in Suid-Afrika groei, is jy ʼn botaniese baas! Indien nie, het ons ʼn paar voorstelle.

Laventels hou van warm en droë toestande, is ook redelik gehard teen die koue en kan ligte ryp verdra. Plant hulle op ʼn sonnige plek waar hulle heeldag lank in die sonstrale kan baai. Moenie hulle te na aan mekaar plant nie om hulle ʼn bietjie asemhaalplek te gee.

Algemene laventelprobleme

  • Laventels hou van genoeg water om hul dors te les, maar wees versigtig om nie hul delikate wortels te versuip nie omdat hulle nie daarvan hou om nat voete te hê nie. Maak gereeld nat tot hul wortels sterk is en laat die grond effens uitdroog tussen natmaaksessies. 

  • Oorbenatting en te veel vogtigheid kan swamsiektes veroorsaak. Gebruik ʼn kontakswamdoder as blaarspuitmiddel om jou laventel te behandel en hou hulle gelukkig en aan die gedy – maak net seker jy lees die aanwysings en verdunningskoers.

  • Laventels wil effens alkaliese sand- tot leemgrond hê wat goed dreineer. As jou tuingrond taai soos swaar kleigrond voel, werk ruim hoeveelhede riviersand en kompos in om dreinering te verbeter. Plant hulle anders in geligte beddings of potte wat met goeie gehaltekompos en -potgrond volgemaak is.

  • Laventels moet effens gesnoei word as hulle klaar geblom het om hulle grasieus te laat lyk. Ons wil nie hê ons laventels moet hoog en langbenig groei met kaal stamme en loof net aan die bokant nie. Kyk waar jou laventel nuwe blare begin uitstoot en vermy dit om in ʼn stingel sonder blare in te sny.

Snoei Laventel

1. Verdeel die plant in drie ewe groot dele.

2. Cut off the top two thirds from half the plant only.

3. Sny die boonste twee derdes van slegs die helfte van die plant af.

4. Onthou om jou laventel kos te gee en nat te maak na die regknip.

-->
The Gardener