Berei hierdie winter jou grond voor vir die lente
Alles begin by grond. As jy ʼn produserende tuin wil hê, of dit nou mooi sierplante, ʼn welige grasperk of heerlike groente is, moet jy heel eerste aandag aan jou grond gee. Die winter is ʼn goeie tyd daarvoor deels omdat daar nie veel anders is om jou tydens dié rustyd koorsagtige aan die gang te hou nie, en deels omdat dit vir jou ʼn hupstoot vir die groeityd sal gee wanneer die ryp verby is en die lente aanbreek.
Spit ʼn bietjie kompos in
Begin jou tuinvoorbereiding deur ʼn ruim laag kompos van sowat 7 cm tot 10 cm dik toe te dien. Gebruik dan ʼn tuinvurk en werk die kompos liggies in die tuin in. Sodoende laat jy die voordelige mikrobes toe om die kompos doeltreffend af te breek as voorbereiding vir die komende lentetyd.
Dien ʼn lekker deklaag toe
Jy is waarskynlik al moeg daarvoor dat ons vir jou sê om ʼn deklaag toe te dien, maar ons gaan nooit daarmee ophou nie! Daar is bitter min wat jy in die winter vir jou tuin kan doen wat voordeliger vir jou grondgesondheid en daarom vir die plante se gesondheid is as bedekking. As jy nie ʼn laag kompos wil inspit nie, versprei bloot ʼn laag as deklaag op die grond. Nog ʼn wonderlike deklaag is gratis – grassnysels en dooie blare werk albei uitstekend om die grond warm te hou, wat die mikrobes gesond en aktief hou en organiese materiaal aan die grond toedien. Hark dit bloot met ʼn plastiekhark op, versprei ʼn laag op die grond en laat die natuur die res doen.
Bemes
Ja, jy kan in die winter bemes. Wag tot die normale datum van die laaste ryp min of meer ʼn week weg is en gebruik ʼn puik organiese misstof, verkieslik een wat wurmkompos, koolstof, kalsium en ander organiese materiaal bevat en versprei dit kwistig in jou tuin. Wanneer geplant word, gee elke plant ook ʼn goeie porsie biomisstof – onthou, hierdie stadig vrystellende organiese misstowwe kan nie jou plante brand daarom kan jy nie te veel gebruik nie, en jy hoef nie daarna goed nat te maak nie.
Berei jou houers voor
Die winter is ʼn goeie tyd om houers of geligte beddings vir plant voor te berei. Gebruik goeie gehaltepotgrond, kompos en ʼn organiese biomisstof, meng dit goed en bedek dit met ʼn deklaag sodat die mikrobes aan die werk kan spring. Jy kan dadelik plant as daar geen rypgevaar is nie of jy kan wag tot die koue weer verby is voor jy aan die gang kom. As jy van plan is om kruie of groente te kweek, saai nou saad in laaie en hou dit êrens in helder lig warm sodat jy sterk saailinge het wat gereed is om voordeel uit jou goed voorbereide grond te trek sodra die lente kom.