fbpx

Bespaar water rondom die swembad en tuin

Somer is die tyd wanneer swembaddens die meeste gebruik word, en daar is baie maniere om waterverlies te verminder.
Hier is‘n paar wenke om water te bespaar.

Verminder die gespat

Water gaan verlore wanneer daar in swembaddens geduik of gespring word. En alhoewel dit deel van swembadpret is, moedig stadiger en meer beheerde bewegings in die swembad aan om water te bespaar. Hou die watervlak minstens 10 cm onder die rand sodat die gespat nie te veel van ‘n probleem sal wees nie.

Kontroleer jou swembad vir lekkasies

Jy kan meestal agterkom dat die swembad lek wanneer die watervlak te vinnig daal, maar net om seker te maak, doen dit:

  • Skakel swembadfiltreerders en waterelemente af. Sit ’n emmer op die swembadtrap en vul dit tot dieselfde vlak as die swembadwater. Merk die vlak van die swembadwater op die emmer. Laat dit vir ‘n paar dae staan en kyk of die swembadvlak meer daal as die water in die emmer, wat ‘n lekkasie sal aandui.
  • Jy kan bloot oplet vir ‘n swembadlek of gebruik ‘n paar druppels kleurstof naby ‘n vermoedelike lekkasie. As die kleurstof in ‘n gaping ingesuig word, het jy die plek wat lek, en kan dan maklik herstel word.
  • Moenie vergeet om die filtreerder en al die pype te ondersoek om te sien of die fout nie daar lê nie.

Gebruik ‘n swembadbedekking

Byna 90% van water wat verlore gaan as gevolg van verdamping kan beheer word deur ‘n swembadbedekking te gebruik. Daar is ook sekere produkte op die mark wat ‘liquid blankets’ genoem word wat ‘n dun laag oor die swembad se oppervlak vorm, wat verdamping doeltreffend verminder. Hierdie produkte word gemaak van veilige chemiese polimere wat mekaar afstoot wanneer hulle met water in kontak kom, en kan tot 50% water bespaar.

As jou swembad verhit word, sal die vermindering van die temperatuur in die somer ook verdamping verminder.

Hersirkuleer en hergebruik water

‘n Eenvoudige manier om ‘n swembad te vul, is om ‘n buigsame pyp van ‘n geut se aflooppyp na die swembad te lei, wat water toelaat om direk in die swembad te vloei wanneer dit reën.

-->
The Gardener