Curcuma – Tulpe Uit Die Trope
Die Curcuma-plantgenus sluit die eetbare spesery Curcuma longa in wat beter bekend is as borrie. Die genus sluit ook die lieflike tropiese plant Curcuma alismatifolia (Siamese tulp) in wat in kouer streke binne en in warm klimaatstreke buite in die tuin gekweek word.
As lid van die gemmerplantfamilie wat oorspronklik uit AsiĂ« afkomstig is, word Siamese tulpe van wortelstokke gekweek waaruit hoĂ« stele tulpagtige blare uitspruit met pienk, roos en rooi geboĂ« skutblare wat op die punte piepklein blommetjies maak wat van die lente tot in die herfs op die onderste skutblare verskyn. Onder die regte toestande maak hulle drie tot vyf blomme wat tot drie weke lank hou. In Thailand simboliseer ʼn Siamese tulp nuwe groei, hoop en voorspoed vir die toekoms.
Plant in die tuin
As hulle binne klaar geblom het en in hul rusfase begin ingaan, kan hulle in die tuin uitgeplant word vir ʼn spatsel kleur as die lente kom. Begin gee minder water en voeding in die herfs omdat die plante begin rustend raak en laat hulle natuurlik terugsterf. In hierdie stadium kan jy die potte op ʼn koel, droĂ« plek hou nadat die dooie blare afgeknip is; haal die wortelstokke uit en bĂªre hulle in papiersakke of plant hulle in die tuin uit.
• Kies ʼn plek met ʼn bietjie skadu in die tuin. Hulle kan in volson groei, maar het dan ekstra water nodig om hulle aan die gang te hou.
• Grawe ʼn gat wat groter as die pot is en meng die grond met ʼn paar grawe vol kompos.
• Bedek die plek met ʼn deklaag om die wortelstokke koel te hou en voeg ʼn naambordjie by sodat jy nie bo-op hulle plant as die blare heeltemal teruggesterf het nie.
• Begin gee die plante in die lente meer water en voed elke paar weke met ʼn vloeibare plantvoedsel.
Wat hulle nodig het
Lig – Kry ʼn plek met oorgenoeg lig maar nie direkte sonlig nie. In die tuin sal hulle in volson of skadu groei, maar hulle verkies ʼn bietjie skadu. Hulle het egter baie lig nodig om te blom.
Grond – Sit goed dreinerende potgrond met bygevoegde kompos in potte met ekstra vermikuliet of perliet as dit nodig is.
Water – Die beste is effense klam grond tydens die groeityd en geenwater tydens die rustyd nie.
Uitbreek van dooie blomme – Verwyder alle dooie blomme of droë loof. Dit help nie vir meer blomme nie, maar hou die plant netjies.
Voeding – Gee hulle tydens groeityd elke paar weke ʼn hupstoot met ʼn gebalanseerde vloeibare
plantvoedsel. Hou op voed in die winter.
Oorpot – Wanneer die plant te groot vir sy houer is, pot dit oor in vars potgrond in ʼn pot wat een grootte
groter is.
Verdeling – Verdeel hulle elke paar jaar deur die wortelstokke in 5 cmstukke te sny en in vars grond oor te pot. Die beste is om dit in die lente te doen.
Curcumas is deur LVG Plants gekweek en by kleinhandelafsetpunte en kwekerye verkrygbaar.