Die Herfsopruiming
Nes April die maand vir plant is, is dit ook die maand vir die opruim van tuinafval om jou tuin vir die winter gereed te maak en vry van oorwinterende peste te hou. Benut die tuinafval goed in die toekoms.
Afvallende blare
Laat lĂª afvallende herfsblare as deklaag in struikbeddings, maar wees versigtig om nie die lae dooie blare te dik te versprei nie en moenie dat dit om die plantstingels ophoop nie omdat dit verrotting kan veroorsaak. Vee dit op paadjies, sypaadjies en dreine op en gooi op die komposhoop of kerf dit op om blaarmolm in swartsakke te maak. Die opkerf van blare versnel die afbreekproses tot ʼn ryk humus wat gebruik kan word as meer bedekking in die somer nodig is.
Raak onkruid baas
Een- en meerjarige onkruide kan plae huisves en versprei hul saad ver en wyd, wat net rustend lĂª en wag vir gunstige toestande om te ontkiem. Onthou dat die bedek van of saai van ʼn dekgewas in beddings wat braak lĂª, baie kan doen om ongewenste plante aan bande te lĂª.
As die jaargras Poa annua elke winter ʼn algemene onkruid op jou grasperk is, gebruik ʼn vooropkomsonkruiddoder om dit te beteuel.
Moenie plae huisves nie
- Ruim al die afgevalde blare en verrotte vrugte onder vrugtebome op. Dit keer dat rooskewers en vrugtevlieë daar uitbroei en oorwinter.
- Spit ook om boomstamme en dien ʼn vars organiese deklaag toe. Terwyl jy nou daar is, maak ook sommer die kante van die gronddammetjies reg wat om hul stamme moet wees. Dit help met beter waterbestuur omdat die dammetjies tydens natmaak net volgemaak hoef te word.
- Keer die komposhoop gereeld om en ondersoek vir die larwes en papies van vrugtevlieĂ« en rooskewers. Dit is ʼn goeie plan om jou komposhoop in die winterreĂ«nstreek toe te maak om te keer dat dit deurnat raak.
- Kyk in die tuin rond vir enigiets soos opgestapelde plantpotte of rommel wat warm, droë oorwinterplekke vir plae soos rooispinmyt kan bied.
- Verwyder siek groei van groot struike en bome en verbrand dit (as dit toegelaat word).
Beskerm jou tuin
Begin dink aan die skade wat ryp aanrig deur rypgevoelige plante in potte na ʼn beskutte plek te verskuif en rypdoek te koop om gevoelige plante in die tuin te beskerm.
Maak die dammetjie skoon
Ontbindende blare soos herfsblare sak af na die dammetjiebodem en verrot daar, wat die watergehalte en die omgewing benadeel van die wesentjies wat daar woon. Haal al die blare uit en sny dooie en oorgroeide plantegroei om die dammetjierand af.
ʼn Lekker werkie:
Terwyl jy in en om die water werk, gooi ʼn paar waterblommetjiebolle (Aponogeton distachyos) in jou dammetjie. Hulle is by bolverskaffers en kwekerye te kry, aard goed in water van tussen 10 en 60 cm diep en sal hulle in die afsaksel onderin die dammetjie anker. Die blomme wat in die laatwinter tot in die lente op die water dryf, sal jou gelukkig maak, en jy kan ʼn lekker lamsbredie met hulle as sterbestanddeel kook!