fbpx

Dit Gaan Alles Oor Beskerming

Dit gaan alles oor beskerming 

Tuinmaak is doodmaklik as jy gesofistikeerde produkte gebruik om jou plante teen hul ergste vyande te beskerm. Daar is ʼn helpende hand wat jy net moet gryp! 

Beheer eers miere  

Hoewel miere ʼn rol in die tuin se ekostelsel speel, moet die oorbevolking van mierneste op die erf en om die huis beheer word omdat hulle inbreuk maak op die natuurlike parasiete en predatore van sapsuigende insekte soos plantluise, witluise, dopluise en ander wat heuningdou uitskei. Miere is lief vir diĂ© soet stof en versprei die plaag se eiers van plant tot plant met hul bedrywige aktiwiteite van mekaar te volg en te voed, wat ʼn wanbalans veroorsaak. Deur van die mierneste uit te roei, is dus die eerste stap om die getalle van baie skadelike peste te beheer. 

 Å‰ Effektiewe en moeitevrye manier om met miere te handel, is om lokaas te gebruik om die besige klein werkertjies te lok wat dit na hul kolonies sal wegdra. Trojan Ant Bait, ʼn korrelproduk in ʼn nuttige 200 g-skudfles, kan binne net ʼn paar sekondes naby mieraktiwiteit gestrooi word en sal sy werk doen om die kolonie binne vyf tot sewe dae uit te roei. 

Gebruik dit reg: Versprei 30 g van die korrels om aktiewe neste en nie direk daarin nie. Versprei die lokaas ook naby mierpaadjies en wees versigtig om nie die paadjies te versper nie omdat dit tot noodwaarskuwings na die res van die nes sal lei wat tot die vinnige ontruiming en hervestiging sal lei. 

Geen gesuig meer nie… 

Die maklikste manier om sapsuigende insekte soos Italiaanse sipresluis (wat in die koeler maande aktief is) te keer om verwoesting te saai en konifere dood te maak, is om Koinor 350SC te gebruik. Geen gespuit en giftige drywende insekdoder wat ander insekte kan benadeel, is nodig nie en dit kan bloot met ʼn gieter direk op die grond om die plante toegedien word. DiĂ© sistemiese en kontakinsekdoder word deur die wortels opgeneem en deur die plantsap na die blare vervoer. Een behoorlike toediening bied beskerming vir tot vier maande.  

Beheer ook dopluis effektief op jou mooi winterblommende aalwyne deur Koinor 350SC as gronddeurweekmiddel te gebruik. Dien dit weer in September toe.  

Slakke vreet soos masjiene! 

As jy moeg is om die stryd te verloor teen slakke en naakslakke wat jou winterblaargroente en -jaarplante verorber, beproef Makhro Home and Garden se Eco Bait. Die aktiewe bestanddeel van diĂ© ekovriendelike korrelproduk is ʼn verbinding wat natuurlik in die grond aangetref word met ʼn laag genoeg impak wat nie ander goggas en diertjies sal benadeel nie. Aangesien slakke en naakslakke snags of soggens vroeg aktief is, dien die korrels laatmiddag of vroegaand toe deur dit naby vatbare plante te sit.  

Gebruik vir swaar besmettings Snail Spray, ʼn kontak- en maagsuspensie wat met groter druppels gespuit moet word om plantblare deeglik te benat. Sorg dat jy die aanwysings op die verpakking presies volg omdat dit ʼn chemiese produk is.  

Besoek www.makhro.co.za vir meer inligting oor enige van hierdie produkte. 

Advertisements
-->
The Gardener