Hoekom Verkleur Blare in Die Herfs
Het jy al ooit gewonder hoekom die blare van sekere bome in die herfs verkleur en hoekom sommige blare rooier of geler as ander is? Kom ons kyk ʼn bietjie na hierdie interessante onderwerp.
Soos jy weet kan bome in twee kategorieë verdeel word: immergroen en bladwisselend.
Immergroen bome
Immergroen bome verloor en vervang hul blare geleidelik deur die jaar namate elkeen oud word en afval. Die blare van immergroen bome in die trope is breër as hul naverwante in uiters koue klimaatstreke omdat hulle nie teen die koue opgewasse hoef te wees nie.
Die meeste immergroen bome in kouer gebiede het pleks van blare, lang, dun naalde wat hulle in staat stel om in sterk wind, swaar reën en sneeustorms te trotseer. Sommige naalde is deurtrek met hars wat teen koue en reën bestand is, en sommige van dié bome is in staat om water uit die selle in die naalde te onttrek as dit erge vriesweer raak. Dit stel die selle in staat om ongeskonde te bly in die ysige toestande, en na die dooi kan die plant weer verder groei.
Bladwisselende bome
Bome wat in die winter hul blare verloor (wat gebeur om energie te bewaar en die boom teen die koue te beskerm), is gewoonlik dié wat vir ons die ikoniese herfskleurvertoning lewer. Die blare van bome in dié kategorie bevat bepaalde chemikalieë wat vir kleur verantwoordelik is. Die chemikalie wat vir groen verantwoordelik is, is maklik – chlorofil. Bome maak hoofsaaklik op chlorofil in die blare staat om sonlig in energie om te sit (deur fotosintese) wat die boom nodig het om te groei. Teen die tyd dat die temperature begin daal, het die bome reeds genoeg energie geberg om deur die komende koue seisoen te kom. Die produksie van chlorofil is nou nie meer nodig nie en neem af. Wanneer dit gebeur, kom die ander chemikalieë in die blare na vore en verrig spesifieke funksies.
Spesifieke karotenoĂ¯ede en flavonoĂ¯ede is vir geel tot oranje kleure in die blare verantwoordelik, en antosianiene is pigmente wat spieĂ«lpienke en -rooie produseer. Hoe meer antosianiene in die blare is, hoe rooier is die blare. Die proses van chemikalieĂ« wat oorskakel, vind stadig gedurende die herfs plaas, gevolglik het verskillende dele van ʼn boom op verskillende tye ʼn mengsel van groene, gele en rooie wat verander namate die seisoen vorder. Elke boomvariĂ«teit het ʼn ander hoeveelheid van elk van hierdie chemikalieĂ«, die rede waarom elke variĂ«teit ʼn ander manier het om met sy kleure te spog. Dit is hoekom die een boom geler en ʼn ander verrassend rooi of ʼn mengsel van al die kleure sal wees voor die blare afval.
Die kleurgewende chemikalieĂ« is altyd in die blare aanwesig, maar word net deur die chlorofil gemaskeer, en sommige speel ʼn belangrike rol om insekte af te weer en die boom teen koue te beskerm. Wanneer die temperatuur voldoende gedaal het en die dae korter is, is hul werk gedaan. Die hormoonproduksie in die boom neem af, wat maak dat die verbinding tussen die blaar en die stingel verswak en uiteindelik breek, waarna die blare afval. Sodra die blare almal af is, word al die boom se energie en vog in die stam geberg, gereed vir die strawwe winde of skielike koue, en kom die boom tot rus tot die lente wanneer dit weer eens in nuwe blare uitbars.