Langdurige blomme!
Konstante blomme en maklik om te kweek – dit is waaroor HibisQs gaan.
Somer is sinoniem met aanloklike hibiskusblomme wat groot immergroen struike in gematigde en subtropiese tuine regoor die land bedek. Maar nou kan selfs diegene met beperkte ruimte hierdie uiterste blomplesier van naderby geniet met die geneties verbeterde ‘HibisQs’ – ‘n reeks pragtige hibiskus-hibriede wat in Denemarke deur toonaangewende tuinboukundiges geteel is.
‘HibisQs’ is al ‘n rukkie beskikbaar, maar die goeie nuus is dat ons voortdurend die reeks met helder blomkleure aanvul, wat beteken dat jy regtig ’n kleurontploffing op jou stoep of balkon kan bewerkstellig deur hulle in potte en bakke te plant. Jy sal voel asof jy na ‘n verre tropiese eilandparadys weggevoer is waar die somer vir ewig duur! Hierdie kompakte en blomryke plante is spesiaal vir houerverbouing geteel en om die immer-honger binnenshuise blomplantmark te bevredig, aangesien hulle
van ‘n jong stadium af begin blom. Hulle sal ewe goed in die tuin vaar as hulle genoeg ruimte kry om mettertyd te ontwikkel. Hulle verkies volson maar doen goed in halfskadu, waar hulle oggendson en skadu in die warm middae kry.
Die plante het goddelike name uit die Griekse mitologie. Hulle is kompak en bosagtig (meestal 2 m x 1,5 m) met welige en gesonde blare met ‘n oënskynlik eindelose blomseisoen soos aangedui deur ‘n deel van hul botaniese naam, longiflora. (Die hele mondvol is Hibiscus rosasinensis longiflora). Een helderkleurige blom, meestal met ‘n kontrasterende, donkerder oog of keel, word skynbaar onmiddellik deur ‘n ander vervang, en die bonus is ‘n groot oes blomme wat drie dae kan hou, met sommige variëteite wat selfs tot ses dae of langer hou.
Interessante feite oor hibiskus
- In sommige kulture kan dit beteken dat die persoon met ‘n hibiskusblom agter die regteroor enkellopend is en op soek is na ‘n minnaar. As dit agter die linkeroor geplaas is, is die persoon geholpe.
- Neem ‘n selfie met ‘n helder blom van jou nuwe plant agter jou oor en gebruik nog ‘n blom om jou skemerkelkie te versier, aangesien hulle nie-toksies is.
- Afhangende van die kleur van die blom, het hibiskusblomme ‘n verskeidenheid simboliese betekenisse, insluitend gelukkige begrippe soos ‘liefde met die eerste oogopslag’ (rooi blom), passie,optimisme, vrolikheid, sorgeloosheid en energiek.
Kweekwenke
- Plant hibiskus in kompos verrykte grond met goeie dreinering.
- Alhoewel volwasse plante redelik droogtebestand is, hou hulle van gereelde water een of twee keer per week in die somer. Jong plante in die tuin en potte moet in warm weer meer dikwels water kry. Die gebruik van waterretensiekorrels in houers sal die grond langer vogtig hou.
- Tuinplante kan in die lente en middelsomer met stadig vrystellende vrugte- en blomkunsmis gevoed word, terwyl dié in houers ‘n maandelikse dosis Bioganic of Nitrosol sal waardeer. Hibiskus is honger plante!
- Plante kan gesnoei word nadat dit geblom het om nuwe bosagtige groei vir die volgende seisoen aan te moedig.
- Hulle kan soms vatbaar wees vir hibiskusstamboorder en moet dalk as voorsorgmaatreël met ‘n sistemiese insekdoder, soos Koinor, behandel word.
Plante beskikbaar by Malanseuns en Plantland Kwekerye, www.plantland.co.za