Natuurlike Tuinmaak
Tuinmaaktake soos die natmaak en voed van winterblommende potplante, die vertroeteling van gewasse in wintergroentebeddings en die maak van kompos gaan soos gewoonlik voort. Die kan egter veel makliker wees met behulp van drie natuurlike produkte wat jou grondstruktuur verbeter, jou kompos vinniger help afbreek en jou opbrengs om blomproduksie verhoog. Die verskil nie van die byvoeg van spesiale geurmiddels by jou kos om daaraan smaak te gee nie!
Compost activator
Geen gesukkel meer met ’n komposhoop wat nie wil afbreek as jy Makhro Compost Activator gebruik nie! Hierdie biodegradeerbare produk verjong weer ou komposhope en sal ’n nuwe een aan die gang sit om die materiaal reukloos en vinnig af te breek. Dit kan in kommersiële komposteerders asook op ’n gewone komposhoop gebruik word. Wanneer jy reg is om ’n klomp nuwe komposmateriaal wat jy bymekaargemaak het te aktiveer, meng 50 ml van die aktiveerder met 5 L water en maak die kompos daarmee nat tot die water wegloop. Bedek daarna die kompos as dit nie in ’n komposteerder is nie met plastiek. Keer die kompos om en dien dit tweeweekliks weer toe tot die kompos reg vir gebruik is. Die proses duur ses weke in ideale toestande. Die 500 ml-pakkie Compost Activator is genoeg vir 2 ton kompos. Hierdie produk wat miljoene voordelige mikrobes bevat wat gereed is om organiese afval af te breek, kan ook in verteerputte gebruik word.
Grobest for frisky flowering plants
Grobest Liquid Fish Fertilizer is ’n natuurlike misstof wat ’n oorvloed minerale en vitamiene aan alle plantsoorte verskaf en kan as gronddeurweekmiddel of blaarsproeimiddel gebruik word.
Hier is ’n nuttige wenk om huisblomplante soos motorgideë, siklame of begonias sonder sukkel nat te maak:
- Vul ’n vierkantige plastiekhouer met 3 L lou water.
- Voeg 2,5 ml Grobest by die water.
- Haal jou huisplante uit hul sierdekpotte uit en laat staan hulle sowat 20 minute in die water om die voedingstofryk vloeistof op te neem. Deur diĂ© plante van onder af deur kapillĂªre weking te hidrateer, is veel beter as om hulle van bo af nat te maak.
- Laat die water in die potte uitloop en vertoon die plante weer in hul dekpotte.
Biosoil for better soil
Biosoil is ’n gekonsentreerde oplossing van humus- en fulviensuur en ook ’n uitstekende bron van koolstof. Dis ’n natuurlike aanvulling om die goeie patogene en mikrobes te voed wat natuurlik in die grond voorkom wat hulle aanmoedig om harder te werk om plantmateriaal doeltreffend af te breek. Biosoil verbeter die struktuur van kleigrond deur die poreusheid en belugting te verbeter en die waterhouvermoë van sandgrond te verhoog. Die verbeterde humussuurinhoud wat Biosoil verskaf, maak die voedingstowwe wat reeds in die grond is, geredeliker beskikbaar deur dit direk na die plantwortelsones te vervoer. Wanneer jy jou winterjaarplante of groente bemes, sal jou plante met Biosoil as hulpmiddel die maksimum nut put uit die ekstra voedingstowwe wat gegee word. Gebruik 50 ml Biosoil per 10 L water as gronddeurweekmiddel of voeg dit by blaarvoedende spuitmiddels by.