Omskep Jou Grasperk
’n Grasperk is soveel meer as ’n las wat weekliks gesny moet word. Behandel dit reg en dit kan jou tuin in ’n oase omskep.
Moenie vergeet om nat te maak nie
Voel eers aan die grond voor natmaak en maak in uiters koue toestande gedurende die dag nat sodat die water tyd het om in die grond in te sak voor dit gedurende die nag koud word.
Koop ‘n hark
Hark die boonste laag dooie gras uit jou grasperk uit en hou dit gesond. Herfs bring ook n oorvloed van blare wat ons grasperke bedek. Blare in blombeddings dien as n goeie deklaag maar op grasperke kan dit die gras versmoor wat dooie kolle veroorsaak.
Jou grasperk lyk dalk net na ʼn kol gras, maar is eintlik ʼn versameling van duisende piepklein plantjies wat die potensiaal het om die prag van jou huis te verbeter en jou besoekers te bekoor, en dis op die grasperk waarop someraande pieknieks gehou en speletjies gespeel word.
Sny
Kom ons handel dit eerste af – grassny is onvermydelik as jy ʼn grasperk het, maar hoef nie ʼn sleurwerk te wees nie. Sit jou fiksheidshorlosie aan en dit kan selfs vir jou punte verdien! Sny begin met ʼn goeie kwaliteitgrassnyer soos die Trimtech Lawnmower. Met sy elektriese motor wat 2200 W opwek, sal dit jou grasperk vinnig en gelyk sny, en daar is nie ʼn gesukkel met stink petrol (of die bekommernis dat die kosbare vog kan opraak) nie! Wat belangrik is, is dis te kry met 11 hoogtestellings daarom hoef jy nooit jou grasperk korter te sny as wat jy wil nie. Dit het ook ʼn kinderveiligheidskakelaar. Die raam is poeierbedek om roes te keer, die wiele het koeëllaers vir gladde werking en dis te kry met ʼn eenjaarwaarborg. ʼn Grassnyer is prakties vir ʼn groot stuk grasperk, maar as jy ʼn klein grasperkie het of ʼn ongelyk stuk grasperk wat moeilik toeganklik of teen ʼn helling is, is ʼn randsnyer makliker.
Vanselfsprekend is ʼn randsnyer soos die Trimtech 900W Electric Trimmer ook die antwoord op netjiese rande en om rondom bome, potte en paadjies reg te knip.
As jy ʼn swaardiensgereedskapstuk vir groter grasperke sowel as ander take soos die sny van onkruid nodig het, is ʼn petrolstruikruimer soos die Trimtech 43cc Brush Cutter ʼn beter keuse. Dis te kry met ʼn nylonsnykop en ʼn metaallem wat na gelang van die werk maklik omgeruil kan word.
Topgrasperkwenke
- Sny jou grasperk deur hoogstens eenderde van sy lengte op ʼn keer te verwyder anders brand die son dit.
- Hou die lem skerp vir skoon snitte.
- Laat die gras in midsomer ʼn bietjie langer uitgroei.
- Moenie nat gras sny nie.
- Voed jou grasperk met ʼn topkwaliteitbobemesting of ʼn organiese biomisstof en maak dit diep nat om in te sak.
- Ons laaste wenk? Geniet jou grasperk!
Opruiming
As jy jou tuin netjies wil hou, belê in ʼn blaarblaser wat dinge soveel makliker maak. Kyk byvoorbeeld na die Trimtech 3300W Blower Vac – dis nuttig om blare en grassnysels in ʼn hoop of bloot uit die pad te blaas, maar skakel ʼn skakelaar aan en dit verander in ʼn kragtige buitestofsuier wat vuilgoed opsuig om maklik weg te gooi.