
Vroeë opsporing: jou eerste vlak van verdediging



Namate die mense in die wêreld vermeerder, neem die vraag na veilige en gesonde kos toe. Terselfdertyd word al hoe meer van voedselkwekers verwag om ʼn volhoubare benadering tot plaagbestuur te volg wat minimale skade aan plante en die grond aanrig en beter beskerming aan voordelige insekte bied.
Dis nie so maklik om te doen as wat dit klink nie – as jy egter graag wil weet presies wat op jou plante en groente gebruik is, is die beste plek om te begin om jou eie te kweek. Dis waar die Insect Science® Home and Garden-reeks goed te pas kom wat ʼn verantwoordelike plaagbeheer- (RPM-)benadering volg om plae volhoubaarder te beheer.
Die eerste stap is om jou plaag te ken ten einde te verseker dat jy op die regte tyd korrek optree. Dit beteken dat jy proaktief kan werk om die skade deur skadelike insekte te beperk voor hulle ʼn besmetting raak.
Suiginsekte is oor die algemeen klein, wat dit vir tuiniers moeilik maak om hulle uit te ken en te beheer, daarom kan ʼn bietjie hulp uiters nuttig wees. Onder die hulpmiddels wat deel van die RPM-arsenaal uitmaak, is die Blue en Yellow Sticky Cards wat as jou eerste vlak van verdediging optree en noodsaaklik kan wees by die vroeë opsporing en beheer van baie vlieënde plaagspesies.
Daar is bewys dat die bepaalde blou en geel skakerings wat op die kleefkaarte gebruik word, plaaggedrag beïnvloed – dit lok en vang hulle om hulle van jou plante af weg te hou voor hulle paar en ʼn nuwe geslag begin, en voorkom dus dat hulle verdere skade aanrig.
Het jy geweet?
Deur die insekte te tel wat op ʼn kleefkaart gevang word, help tuiniers om goeie plaagbeheerbesluite te neem. Die aantal plae wat gevang word, dui op die teenwoordigheid van plae, hoe vinnig hul bevolking aanteel en wanneer dit begin afneem. Dis ʼn uitstekende hulpmiddel om jou te help om moontlike plaagbedreigings uit te ken en daarvoor voor te berei.
Die geel kleur is uiters aanloklik vir suiginsekte soos witvlieg, blaarspringers, swammuggies en plantluise terwyl die blou kaarte blaaspootjies lok. Die heel beste is dat die blou en geel kleefkaarte geen residu op jou eetbares laat nie en supermaklik is om te gebruik.
Die gebruik van kleeflokvalle
- Hoë gewasse soos komkommers, tamaties en soetrissies: Sit die lokvalle net bokant die plant en pas dit aan namate dit groei.
- Lae gewasse soos blaargroente en al die koolsoorte: Bring lokvalle bo die gewas aan en ondersteun dit met draadhouers.
- Saailinge: Gebruik plastiekvurke om die lokvalle naby die grond te sit om dié plae te vang wat in die grond verpop en dan as volwassenes na hul voedselbron toe vlieg.
- Plaas dit naby nuwe groei: Die sagte jong blaartjies is heerlik!
- Verwyder lokvalle as beduidende hoeveelhede vlieënde plae gevang word.
Kleefkaarte werk ook in jou tuin
Die gebruik van plaagbeheerprodukte wat die natuur se manier volg en nie tot verhoogde weerstand lei nie, is sinvol in nie net jou groentelappie nie, maar ook in jou tuin.
Een algemene tuinplaag is plantluise wat in ʼn verskeidenheid kleure te kry is en ʼn groot aantal plantspesies aanval. Hulle is lief vir rose en rig skade aan deur op die blare, stingels en knoppe te voed deur gaatjies daarin te steek en die sap daaruit te suig. Hulle voed in groepe op nuwe plantgroei of op die blaaronderkante en maak dat stingelpunte, nuwe blare en knoppe krul en misvormd word. Plantluise vind geel kleefkaarte veral aanloklik omdat hulle weet dat wanneer plante gestres is, hul blare en stingels geel word, wat insekplae aanlok as hul natuurlike verweer swak is.
Blaaspootjies (en veral Western Flower Thrips) is ook besonder lief vir rose, laat die blomknoppe verkleur en laat silwer strepe op die blare. Hierdie piepklein geelbruin insekkies val ʼn groot verskeidenheid tuinplante en gewasse oor Suid-Afrika heen aan. Hulle is draers van virusse en veroorsaak aansienlike skade. Hulle word sterker na blou as na ander kleure aangelok en word visueel na die kleefkaarte aangelok wat hulle daarop laat vassit en kwekers in staat stel om hul teenwoordigheid te monitor.
Koop die Insect Science® Home and Garden-reeks aanlyn by www.shop.insectscience.co.za aan. As jy onseker is oor watter produk om te koop, besoek die nuttige plaagidentifikasiebladsye wat jou help ontdek watter insekte die skade aan jou tuin aanrig en wat die beste produkte is om te gebruik om op hulle as teikengroep te konsentreer.
