fbpx

Waarom elke tuin ‘n voëlvoerder moet hê

Ons tuine is die uiteindelike toevlugsoord vir plaaslike voëllewe. Of hulle nou ʼn tuiste in ʼn boom vind of aan bessies vreet voor hulle die pad vat, kan jou tuinontwerp en -inhoud van groot hulp raak vir hierdie noodsaaklike tuinvriende vir wie dit al moeiliker is om tuistes te vind namate stadsruimtes uitbrei. En daar is geen beter manier om voëls na die tuin te lok, en daar te hou, as met ʼn voëlvoerder nie. Met soveel voordele vir jou tuin, vir jou en die voëls self is dit nie moeilik om in te sien hoekom elke tuin minstens een voëlvoerder moet hê nie.

Plaagbeheer

Plae versuur elke tuinier se lewe. Plantluise, slakke, ruspes en ʼn verskeidenheid ander insekte verwoes jou plante – veral in die groentetuin. Dit is te begrype dat jy jou tot plaagdoders sal wend om die probleem vinnig op te los, maar daar is ʼn langtermynoplossing wat die algehele biodiversiteit van jou tuin sal verbeter. Voëls is perfekte natuurlike plaagbeheerders wat voed op die verskeidenheid insekte wat ons nie in ons tuine wil hê nie. Groter voëls kan boonop ongewenste knaagdiere of slange verwyder wat die tuin vir ons tuiniers gevaarlik maak. Bring ʼn paar voëlvoerders vir voëls van alle groottes in die tuin rond aan om hul vermoëns om plae te verorber die beste te benut.

Bestuiwing

Bestuiwertuine is uiters gewild, en talle tuiniers maak daarop staat om skoenlappers en bye in hul omgewing te ondersteun deur bestuiwervriendelike plante te plant, of hele seksies van hul tuin aan bestuiwerlokkende blomme toe te wys. Bye en skoenlappers kry beslis die meeste aandag, hoewel baie voëlspesies ook uitstekende bestuiwers is. En hoe meer bestuiwers daar is, hoe beter sal jou tuin op die duur lyk.

Gratis onkruidverwydering

Baie min tuiniers hou van die proses om onkruid te verwyder. Dis vervelig, frustrerend en sal jou stellig die namiddag met rugpyn laat. As jy ʼn tuin vol voëls het, sal hulle gelukkig baie van die werk vir jou doen. Baie voëls, maar veral die kleintjies, hou daarvan om heeldag saad op te pik wat op die grond val. Aangesien hulle ʼn enorme hoeveelheid kos vir hul grootte verorber, kan voëls baie van die onkruidsaad verwyder wat andersins sou ontkiem het, wat die vervelige taak van onkruid uittrek veel makliker maak. Ongelukkig gaan dit saam met ʼn waarskuwing – hulle kan ook jou vars geplante saad vreet. Hou jou geplante saad beskut en laat bly plante wat selfsaai as ekstra kos vir die voëls in ʼn ander deel van jou tuin rond.

Bewaring

In ʼn verslag van BirdLife South Africa wat in 2018 gepubliseer is, het navorsers bevind dat voëlbevolkings sedert die 1990’s skerp afgeneem het met veel meer spesies wat deur die jare as kwesbaar op die lys geplaas is. Sommige wat tevore in die kwesbare kategorie was, het nou bedreig geraak en kan gou uitsterwing in die gesig staar indien toestande voortduur. Hierdie afname is grotendeels aan habitatverlies te wyte namate al meer natuurlike grond vir landbou of stedelike ontwikkeling gebruik word. Terwyl NRO’s landswyd aan die probleem werk, kan elke tuinier ook sy of haar deel doen deur ʼn veilige tuiste vir hierdie bedreigde spesies te bied. Gespesialiseerde voëlvoerders help spesies wat sukkel om kos te kry, veral in die kouer maande wanneer natuurlike voedselbronne skaars is. Studies het ook getoon dat voëlvoerders help om plaaslike voëlbevolkings te laat toeneem deur voeding te verskaf aan babavoëltjies in die omgewing. Dit taak lyk dalk klein, maar kan ʼn groot uitwerking op jou plaaslike wildlewe hê.

Welstand

ʼn Oorvloed voëls in jou agterplaas is nie net goed vir jou plante of vir die voëls nie – dit kan jou ook help. ʼn Studie deur die Universiteit van Exeter het bevind dat mense met meer voëls en bome in hul tuine of omgewing waarskynlik minder met angs, depressie en stres sukkel. Ander studies het tot die slotsom gekom dat stokperdjies soos voëlkyk wat wisselwerking met die natuur behels, verskeie voordele vir geestesgesondheid kan bied, wat dikwels as ʼn vorm van terapie gebruik word. Deur net 10 minute buite te bestee om na die voëls in jou agterplaas te luister, sal hierdie voordele duidelik maak. Voëlvoerders bou tuine wat wemel van die wildlewe wat die ruimte oor die algemeen ʼn kalmerender en rustige plek maak.

Nuut van Kirchhoffs!

Kirchhoffs het ʼn nuwe reeks voëlsaad en -voerders bekend gestel wat landswyd te kry is. Wild Wings-voëlvoerders bied beskerming teen die elemente en is vir voëls ontwerp om veilig (en stylvol) te eet. Wat die maaltye betref wat hulle sal eet, wel – dis ʼn fees. Wild Wings- hoëproteïenvoëlkosse word van heeltemal natuurlike bestanddele gemaak wat gemeng word om die perfekte samestelling van voedingstowwe te verskaf wat voëls nodig het.

Alle Wild Wings-voerders, -baddens en -kosse word trots in Suid-Afrika gemaak. Dit was nog nooit makliker – of lonender! – om beskutting en voeding vir ons geveerde vriende te verskaf nie.

Deur vir wilde voëls te sorg, help versterk jy die ekostelsel, verfraai jou tuin en moedig voëlsang heeljaar aan.

Advertisements
-->
The Gardener