fbpx

Werk reg met water!

Lente- en somerreën kan hopelik binnekort verwag word. Maar ‘n mens kan nie net op hoop alleen leef nie. Jy moet ‘n bietjie moeite doen om water te bespaar. 

Goeie lenteskoonmaak

Moenie plaveisel, patio’s en opritte met ‘n tuinslang afspuit nie – gebruik eerder ‘n besem, hark, blaarblaser, of stofsuier. As mos en onkruid jou geplaveide areas oor die winter binnegedring het, gebruik ‘n mosdoder en gereed-om-tegebruik onkruiddoders om daarmee weg te doen, eerder as om water en ‘n drukspuit te gebruik. 

Raadpleeg die kenners

  • As jou waterrekening skielik gestyg het, bel ‘n loodgieter om na lekkasies te soek wat jy dalk nie kan opspoor nie, en laat dit regmaak. 
  • Installeer ‘n drupbesproeiingstelsel (vir 90% doeltreffendheid!) Daar is geen waterdruk nodig nie, en die stadige tempo lewer die water presies waar dit moet gaan – na die wortels van plante! 

Duik in met ‘n skoon gewete

Gebruik ‘n bedekking oor jou swembad om verdamping te verminder en sodoende die nodigheid om die water gereeld aan te vul. Meer as die helfte van die water in jou swembad kan in ‘n jaar verdamp. 

Oes reënwater

Installeer ‘n reënwatertenk. Hoekom? Doen hierdie basiese som om te sien hoe jy kan bespaar: Vir elke 1 m2 van dak en 1 mm van reënval, is daar die potensiaal om 1 liter water te oes. Byvoorbeeld, met die jaarlikse Gauteng-reënval van 750 mm per jaar, sou ‘n dak van 400 m2 jou ‘n potensiële 300 000 liter water per jaar gee.

Herbesin die klein dingetjies 

  • Terwyl jy wag vir die water in die kraan om warm te word, vang die koue water op en gebruik dit om jou huisplante nat te maak. 
  • Grawe grondwalletjies rondom bome en struike om reënwater te versamel en dit na die plante te lei eerder as om dit te laat afloop.
-->
The Gardener