fbpx

Augustus is Vrouemaand

Augustus is Vrouemaand in Suid-Afrika en om dit te vier, het ons ʼn lys van ʼn paar goed wat jou in die tuin kan help.

Potte duisend

Of die vrou in jou lewe nou ʼn tradisionalis of meer avant-garde is, het First Dutch Brands ʼn pot wat by haar en haar tuinmaakstyl sal pas. Vir iemand wat meer tradisioneel is, voldoen die nuwe reeks terracottapotte aan die opdrag deur die klassieke aantrekkingskrag van terracotta aan te bied sonder om vervelig te wees. ʼn Terracottapot is per slot van rekening soos die swart rok – dit pas by alles.

Dan is daar die uitgebreide nuwe reeks geglasuurde potte in verskeie nuttige maar pragtige vorms en groottes, en genoeg kleure om by omtrent enige vertrek in jou huis te pas. Besoek www.firstdutchbrands.co.za vir meer inligting.

Aerocart 8-IN-1-Werfkarretjie

Die nuwe Aerocart laat jou toe om ʼn tuinmaaksuperheld te word en is meer as net ʼn kruiwa. Sy unieke ontwerp laat jou toe om massiewe gewigte in die tuin rond te beweeg (tot 136 kg) en jy kan bybehore koop wat dit verander in ʼn werfkarretjie, sakhouer, trollie, verlengde trollie, silinderdraer, klip- en plantvervoerder en sleepwadrasak. Jy kan dit selfs gebruik om die yskas te vervoer! Dit doen alles en meer as wat jy sal verwag. Skryf nou in om jou eie Aerocart te wen of besoek www.vermontsales.co.za om ʼn plaaslike verskaffer te kry.

Hê ʼn wenkans op jou eie Aerocart deur op The Gardener se Facebook-blad vir die kompetisie in te skryf.

Hellebore – dames van koelte

Hellebore het dit alles: Dis immergroen meerjarige plante, is maklik om te kweek, gehard en blom in die winter. Die groot variasie van blomme in asemrowende kleure sluit in spoggerige kartels, eksotiese spikkels, strepe, kolle en fyn beaarde kroonblare. Hellebore blomme kom voor in enkel, dubbel of anemoon vorm blomme, en die kleure wissel van spierwit, skakerings en tinte van pienk, geel, rooi en verruklike pruimpers, silwerswart en selfs appelgroen! Hellebores is geskik vir potte sowel as direk in die grond.

In Suid-Afrika blom die Hellebore-hibriede (orientalis) oorvloediglik vir sowat drie maande van Julie tot September. Hierdie meerjarige plante word dikwels as die “koningin van die winterblomme” bestempel en sal groot waarde en genot vir baie jare aan jou tuin toevoeg. Facebook: GROASISHouseofHellebores, www.groasishouseofhelleborus.com.

Hê ʼn wenkans op ʼn geskenkpak van 10 helleboreplante deur op The Gardener se Facebook-blad vir die kompetisie in te skryf.

Dink somer met Italiaanse styl

Die splinternuwe De Luca-oogwareversameling is pas eksklusief by Spec-Savers-winkels landswyd bekendgestel. Die De Luca-handelsmerk gaan oor die skep van kwaliteitoogware met tydlose Italiaanse styl teen ʼn bekostigbare prys: Dis ʼn handelsmerk wat staan vir styl en puik gehalte, nie vir wat dit kos nie. Dink aan ryk skilpadbrille, dromerige Italiaanse skakerings en vietse titaniumontwerpe wat deur sondeurdrenkte Italiaanse somerdae geïnspireer word – perfek om veilig en stylvol tuin te maak. Alle brilrame en gepolariseerde sonbrille verkoop in die kleinhandel teen R1699 en is nou in die winkel of aanlyn by www.specsavers.co.za verkrygbaar.

Wen een van hierdie stylvolle sonbrille deur op The Gardener se Facebook-blad vir die kompetisie in te skryf.

Click here to view all of our Garden Galleria features

Advertisements
The Gardener