
Desember-tuinmaakgeskenkgids

Kyk vir plant- en tuinliefhebbers na hierdie lys van tuinmaakgoed wat hierdie Desember wonderlike geskenke kan uitmaak.

Lok en vang plae
Valskodlingmot is ʼn Suid-Afrikaanse plaag wat die vrugte van eetbare gewasse soos sitrus, avokado’s en macadamianeute beskadig. Die wyfiemotte lê hul eiers op die vrugte en wanneer die eiers uitbroei, vreet die larwes in die vrugte in wat dit onbruikbaar maak. Daar is egter ʼn ekovriendelike oplossing. Het jy geweet dat talle insekwyfies ʼn maat lok met die reuk van feromone? Insect Science se PheroLure® -reeks boots hierdie natuurlike proses na deur mannetjies te lok en te vang voor hulle kan paar en ʼn nuwe geslag begin. Deur PheroLure® saam met Yellow Delta Trap® te gebruik, kan jy valskodlingmot na die taai voering van die val lok wat die broeisiklus doeltreffend stopsit.

Etiketteer dit
Etikette is dikwels nodig vir tuinmaak – wanneer saad gesaai word, is dit belangrik om die saadsoort en datum aan te teken sodat jy ten minste weet wat jy plant en hoe lank dit vir die saad duur om op te kom. Etikette is ook noodsaaklik wanneer bolle geplant word sodat jy kan onthou waar jy hulle in die grond gesit het voor hulle begin uitspruit sodat hulle nie weer uitgespit word nie. Etikette is uiters nuttig en Holt het drie soorte wat goed werk. Dit sluit in laaghoutetikette wat verskeie pastelkleure geverf is, silwer plantmerkers vir plante in groter gebiede, en swart skryfbordjies wat keer op keer gebruik kan word. Dit is ook oulike geskenke.

Maak dit stylvol
Dames, hierdie is vir julle! ʼn Stylvolle nuwe tuinvoorskoot, tuinmandjie en tuinkniekussing van hierdie pragtige tekstielstof met die palmboompatroon wag by die Holt-winkel. ʼn Tuinvoorskoot is ʼn praktiese manier om jou klere te beskerm wanneer jy buite tuinmaak, maar kan ook gemaklik en stylvol wees, soos dié een. Voeg daarby die bypassende tuinmandjie en kniekussing en jy is geklee om te beïndruk, selfs al maak jy op jou eentjie tuin. Die voorskoot het sakke voor, en die mandjie het drahandvatsels en plek vir al die klein stukkies gereedskap en snyers wat jy nodig het vir ʼn tydjie in die tuin. Die kussing neem tydens tuinmaak die druk op jou knieë weg en die hele stel is ʼn handige geskenk vir medetuiniers.

JoJo-werkbladfilter
Die JoJo Countertop Filter is ideaal vir vakansiemotorreise om te verseker jy het altyd gesonde water met ʼn lekker smaak beskikbaar. Dit is draagbaar, koppel maklik aan krane, en boorwerk of veranderings is onnodig vir installasie. Die werkbladfilter verwyder biologiese en chemiese onsuiwerhede en word met ʼn driejaarkwaliteitwaarborg verkoop.
Dis deur ons landswye verspreiders te kry of by ons aanlynwinkel: www.jojo.co.za

JoJo se 700 mlwaterfilterbottel
Hierdie vakansie kan jy gesonde water met ʼn lekker smaak geniet waar jy ook al gaan. Die JoJo 700 ml Water Filter Bottle is ʼn gerieflike reisgenoot wat doeltreffend biologiese en chemiese onsuiwerhede uit kraanwater verwyder. Dit het ʼn ergonomiese ontwerp met ʼn morsvrye drinkdop en beskermende dop, en word met ʼn eenjaarkwaliteitwaarborg verkoop.
Dis deur ons landswye verspreiders te kry of by ons aanlynwinkel: www.jojo.co.za

Kies ʼn groen boom
Rare and Air het pragtige draadkuns in hul geskenkreeks opgeneem. Verleen vanjaar ʼn bietjie styl aan jou feesdekor met ʼn lugplantkersboom. Op die handgemaakte draadboom deur KwaZulu-Natalse handwerkers is pragtige Tillandsias aangebring wat aanhou groei en lank na die vakansietyd steeds geniet kan word.

Build It se Braaireeks
Laat Build It hierdie feestyd vir al jou braainoodsaaklikhede sorg met ons kwaliteithoutskool, brikette en vuuraanstekers. Besoek ons by www.buildit.co.za

Skryf Nou In Vir Enige Van Ons Voltydse Kursusse
Landskapontwerp – 3 April 2023
Die kursus van 12 maande dek die volledige spektrum van meer as 25 kursusse en 4 weke praktiese ervaring.
Tuinboukunde – 31 Maart 2023
Die kursus van 8 maande bied aan leerders ‘n ferm grondslag van oordraagbare vaardighede waarmee hulle die tuinboubedryf kan betree.
Deeltydse Volledige Landskapontwerp – 15 April 2023/2026
Geskik vir enigiemand wat voltyds werk. Vind weekliks op Saterdae plaas.
Kontak ons asseblief vir meer inligting by marketing@lifestyle.co.za

Klassieke Emthunzini Hats-styl
Die Raffia Breton het ʼn wye stelbare rand wat sonbeskerming en styl saamvoeg. Dis in winkels en aanlyn verkrygbaar teen R849. Natuurlike handgeweefde Malgassiese raffia maak hierdie sonhoed lig en sal jou heeldag koel en beskerm hou. Dit bied KANSAonderskryfde UPF50+-sonbeskerming. Facebook and Instagram @sunhatsza

Build it se Tuinreeks
Instandhouding en onderhoud was nog nooit makliker as met die groot verskeidenheid Wolf-produkte om jou met al jou tuinmaakbehoeftes te help nie. Kry dit by jou naaste Build it-winkel. www.buildit.co.za

Rooskalender vir 2023
Pragtige roosafbeeldings versier die 2023-kalender van Otterley Flowers. Dit het plek om ʼn paar aantekeninge en die allerbelangrike verjaarsdae in te skryf en maak ʼn uitstekende geskenk uit. Die kalenders kos R85 elk en sluit posgeld in Suid-Afrika in. Voeg nog R80 by vir plaaslike koerierkoste. Vanjaar kan jy ook ʼn stel van agt roosgroetekaartjies met koeverte teen R85 per stel koop. Bel Jackie by 082 924 5892, e-pos info@otterley.com of besoek www.otterley.com vir bestellings.

Beter blomme en vrugte
Vita Fruit & Flower 3:1:5 van Talborne Organics is spesiaal geformuleer vir die voed van blomplante, struike en bome asook vrugtebome en blommende potplante. Die produk maak seker dat stikstof en kalium aangevul word om blom te bevorder en op sy beurt bevorder dit ook vrugontwikkeling en versterk die selle om plante meer siektebestand te maak. Gebruik dit voor blom en in die middel van blom om die blomtyd te verleng en in die reël viermaandeliks vir die beste resultate.

Vita Grow 2:3:2
Gebruik die organies gesertifiseerde Vita Grow wanneer geplant word om wortelgroei en ontwikkeling te bevorder. ʼn Sterk wortelstelsel verskaf energie en krag aan die plant om goed te groei. Vita Grow is perfek vir die aanplant van nuwe rose, blomme, vrugdraende en boltipe groente, bome, struike en nuwe saailinge omdat dit nie jou delikate plante sal brand nie, en ʼn stadig vrystellende misstof is wat ongeveer vier maande lank sal werk. Dit kan ook as ʼn algemene tuinbeddingvoeding gebruik word.