Dis Amper Lente
Dis amper lente wat beteken ons tuine begin nou weer lewe kry. Hier is ʼn paar tuingoed om jou in die tuin te help.
Binnekort beskikbaar!
MayFord Seed stel Flanders Poppy Seed (klapperroos) bekend, die blom wat lewensverlies in die stryd simboliseer, en gebruik word om die gesneuweldes te gedenk en jaarliks op Wapenstilstandsdag op 11 November te vier. Dit het ook daartoe gelei dat dit lewensverlies wêreldwyd simboliseer, nie net in die stryd in Europa en elders nie, maar ook die uitmergelende pandemie wat net sowel as ʼn ware stryd beskou kan word. Wees op die uitkyk na die nuwe saadpakkies wat binnekort in jou plaaslike winkels sal wees.
Lifestyle college stel aanlynkursusse bekend
Lifestyle College het aanlynkursusse bekend gestel! Die kursusse waaruit jy kan kies, is Landskapontwerp, Tuinboukunde, en Organiese Vrugte- en Groentetuinmaak, en almal is aanlyn. As deel van hierdie aanlynkursusse kry jy kursusaantekeninge, videolesings en drie maande om jou werkstukke in te dien. Vir meer inligting oor hierdie kursusse en om in te skryf kontak asseblief marketing@lifestylecollege.co.za of besoek www.lifestylecollege.co.za.
Lewe in ʼn pot
Besoek www.hobbylifeafrica.com om na die lieflike reeks topkwaliteitplantpotte te kyk. Met verskeie kleure en style om by jou omgewing en voorkeure te pas, sal jy net die regte produkte vind om jou omgewing af te rond en te verfraai, wat rus en vreedsaamheid aan jou huis of kantoor binne sowel as buite sal verleen. Te kry by Hobby Life Africa.
Die magiese Kreg Quick Flip
Hierdie nuwe Kreg-gereedskapstuk verrig twee volledige take sonder dat jy die boorpunt hoef om te ruil, wat jou in staat stel om ʼn verskeidenheid sterk lasse te maak. Die een kant boor en paralelversink ʼn loodsgat, en die ander kant draai die skroef met ʼn #2-vierkantdryfboorpunt in. Dis impakaandrywergegradeer en is te kry in ʼn ergonomiese maklikegreepontwerp wat daaraan ʼn internasionale 4,3-stergradering besorg het. Die Kreg Quick-Flip maak dit moontlik om Kreg-skroewe vir ʼn verskeidenheid sterk, eenvoudige lasse alles met een enkele gereedskapstuk te gebruik.
Kos vir alles
Talborne Organics het ʼn reeks voedsels vir alle soorte plante. Gee jou grasperke en loofplante ʼn hupstoot met Vita-Green 5:1:5 (16) vir welige groen groei en om plantselle met hoë kaliumvlakke te versterk. Gebruik Vita-Veg 6:3:4 (16) om jou groen blaargroente, kruie, tropiese plante en bessies kos te gee. Voed plante onder druk met Talborne Organics Nourish Liquid Organic Plant Food om hulle welig te laat groei.
Die nuwe Tork Craft 20-volt Cordless Angle Grinder
Hierdie taai nuwe koordlose hoekslyper is toegerus met ʼn borsellose motor met ʼn lang lewensduur en gietmetaalrathulsel, snelruilskyfskermontsluiting, ʼn spilslot om vinnig en maklik skywe te ruil, ʼn drieposisiesyhandvatsel wat uitstekende beheer bied met ʼn ingeboude moersleutelhouer in die handvatsel, en ʼn veiligheidskakelaar wat alles die beste gerief en gemoedsrus gee. Die skyfdiameter is 115 mm.
Klip vir die wortels
Bio Rock is ʼn unieke mengsel van die hoogste kwaliteit organiese misstof wat met sedimentêre sagteklipfosfaat met hoë kalsiumvlakke verryk is. Dit gee wortel- en plantgroei ʼn hupstoot vir gesonder, volgehoue groei vir alle plante. Hierdie hoogs gekonsentreerde natuurlike produk word alom deur professionele tuinboukundiges oor SuidAfrika heen gebruik vir die suksesvolle aanplanting en produksie van kommersiële groentegewasse, blomme, vrugte, bome en plante. Berei jou plante vir sukses voor wanneer jy hierdie maand plant.